AdvertorialSchools

Hoërskool Zwartkop Matriekklas van 2024

Matriekklas van 2024 julle maak ons trots met jul puik uitslae. Ons weet julle is slaggereed om die volwasse wêreld aan te pak. Hoërskool Zwartkop is opgewonde oor die nuwe hoofstuk in jul lewe.

Zwarrie-matrieks spog met skitterende uitslae

Die matriekleerders (2024) van Hoërskool Zwartkop het Dinsdagoggend, 14 Januarie, na groot afwagting, hul matriekuitslae ontvang.

Hierdie groep, wat bestaan uit 335 leerders, se harde werk het 527 vakonderskeidings verseker met ’n 100% toelating tot tersiêre studies.
4 Leerders het ’n gemiddeld van bo 90%, 47 leerders behaal ’n gemiddeld bo 80% en 139 leerders het ’n gemiddeld bo 70%. Dit wil gedoen wees!

Christelle Swanepoel het uitsonderlik gevaar en spog met 10 onderskeidings. Christelle gaan Fisika aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Anri de Villiers het ’n gemiddeld van 92.3% behaal en is as Dux leerling aangewys by die gr. 12 meriete funksie. Sy gaan Bcom Rekeningkunde aan die Universiteit van Pretoria studeer.

Morné Kruger, Kaylie Carstens en Katja de Jongh maak ons Zwarrie-harte trots met 8 onderskeidings elk.

Daar is ook ’n hele rits Zwarries wat dit reggekry het om 7 onderskeidings in te palm.

Hierdie leerders is Anri de Villiers, Theo Zeevart, Ineke Vorster, Cornelia Langenegger, Jessica Pretorius, Annika van der Walt, Eben Cloete, Hanlu Bronkhorst, Shanike Jordaan, Carli Jordaan en Annabel Mosdell.

Verder spog die Zwarrie-volk met:
12 leerders wat 6 onderskeidings behaal
11 leerders met 5 onderskeidings en
9 leerders met 4 onderskeidings elk.

Ons is ongelooflik trots op elke matriekleerder van 2024 en wens julle alle sterkte en voorspoed toe vir die toekoms.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button