Is die burgemeester verhewe bo die reg?
Met die uitvoerende burgemeester se stelling in ’n ope stadsraadvergadering dat geen hofuitspraak sal verhoed dat sekere besluite, soos Pretoria se naamsverandering, uitgevoer sal word nie, gee hy duidelik te kenne dat hy homself sien as verhewe bo die reg. Indien die regerende party homself nie distansieer van dié uitspraak nie, moet ek aanneem dis amptelike ANC beleid. Die burgemeester is immers ’n senior ampsdraer van die Party.
Wat het geword van die onafhanklikheid en outoriteit van ons howe en dat almal gelyk is voor die Reg? Sommiges is skynbaar meer gelyk as ander!
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.