Ramokgopa jou yster!!! En daar erken jy skaamteloos wat ons altyd vermoed het: die ANC steur hom aan geen gesag nie want hulle is mos bo die wet verhewe. Nou vra ek die edele met alle respek wat so ’n hogere meneer verdien om dieselfde hardekwas standpunt oor die wetteloosheid van taxi-drywers, leeglêery, plakkerskampe en die hoë misdaadsyfer in sy Tshwane in te neem.
Ek wed die edelagbare sal dit nie doen nie. Want sien, edelagbare en sy span kan niks daaraan doen nie. Want sien, edelagbare en sy span wil niks daaraan doen nie.
Nou wat laat die agbare dink ons is geïnteresseerd in Tshwane? Pretoria is al lankal nie meer Pretoria nie….ons betaal maar net vir julle swak munisipale dienste.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.