LettersOpinion

Geloofdebat kommer leser

Dit is vir my baie interessant om te sien hoe Christene aangaan oor die Moslem kerk en een van hul groot argumente is dat hulle nie hulle kinders wil blootstel aan ‘n ander geloof en veral nie die “roep om te bid” nie. Dit, terwyl al die Moslem kinders elke Saterdag die “roep van die …

Dit is vir my baie interessant om te sien hoe Christene aangaan oor die Moslem kerk en een van hul groot argumente is dat hulle nie hulle kinders wil blootstel aan ‘n ander geloof en veral nie die “roep om te bid” nie.

Dit, terwyl al die Moslem kinders elke Saterdag die “roep van die bloublul eet nie van die vloer af nie” saam met die gesuip en vloekery wat daarmee gepaard gaan, moet aanhoor.

Die ironie van die saak is dat geen ander geloof hulle siening meer afsmeer as die Christengeloof nie. Maak nie saak waar jy jouself bevind, by die skool, werk, rugbyveld of om ‘n braaivleis-vuur nie, gaan jy iewers van hulle geloof moet hoor.

Ter voorbeeld. Rekord word verniet by almal se huise afgelewer. Jy het nie ‘n keuse nie. Enige persoon of sy kinders kan dit oopmaak en lees, of jy deel is van die Christengeloof of nie.

In Rekord koerant is daar gereeld ‘n spesiale spasie waar een of ander dominee die Christengeloof verkondig.

Niemand wat nie deel is van die Christengeloof het ‘n keuse nie. Dit is jou koerant met nuus van die gemeenskap en nou moet jy maar die Christen propoganda daarin kry.

Ek sien geen rubrieke in Rekord toegewy aan die Moslem, Hindu, Islam of enige van die ander van die meer as 2000 gelowe nie.

Waar is die spesiale spasie in die koerant vir ateïste of vir die voorvaders en dolosse?

Ek dring daarop aan dat Rekord Christenpropaganda uit hulle uitgawes verwyder of spasie skep vir ander gelowe en oortuigings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button