LettersOpinion

Pretoria-Noord Polisie is tops

Polisie skroom nie om Pretoria-Noord inwoners by te staan nie.

Ek en my vriendin was op 8 Augustus by die Skinner-kliniek in Dr. Savage Straat (langs die Tshwane-distrikshospitaaal).

My vriendin is gestrem en moet meeste van die tyd met ‘n rolstoel ry. Op hierdie dag het sy egter met haar krukke geloop. Ons het na die sopwinkel op die perseel geloop en sy was moeg en het langs die pad gerus. Ek het toe vir ons gaan sop haal. Oppad om die sop vir haar te neem het ek egter ‘n epileptiese aanval gehad.

Ons het my ma se motor geleen om soontoe te gaan maar ek was nie in staat om dit terug te bestuur nie. Konstabel Mosehla het toe aangebied om my ma se voertuig terug te ry en adjudant-offisier Sibande het ons met die vangwa gevolg. Ek was verstom om sulke goeie diens te kry.

Verder is daar verlede Vrydagaand ‘n klomp besittings van my vriendin se dogter by die Pretoria-Noord-polisiestasie afgelaai. Hierdie besittings moes laer af in Ben Viljoenstraat afgelewer wees.

Weer eens het Kaptein Makuaa nie geskroom om ons by te staan nie aangesien ons nie vervoer gehad het om dit daar te kry nie.

Ek kan ook meld dat dit duidelik is dat dié polisiestasie sigbare polisiëring toepas aangesien ons dit al verskeie kere waargeneem het.

Die Suid- Afrikaanse Polisiediens kan trots wees op die Pretoria-Noord-polisiestasie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button