Opinion

Kweek ons ’n generasie van stokslaners?

I Ferreira skryf: Verlede Vrydag kom agt skole bymekaar vir die A Bond-interhuisatletiekbyeenkoms op Pilditch. Hierdie is mos die plek waar skole uithaal en wys en spog met hul atlete en hul skool. Hoe jammer tog dat volwassenes in kinders die volgende ervaar: gebrek aan respek, nie net vir ouer mense nie maar vir ander …

I Ferreira skryf:

Verlede Vrydag kom agt skole bymekaar vir die A Bond-interhuisatletiekbyeenkoms op Pilditch. Hierdie is mos die plek waar skole uithaal en wys en spog met hul atlete en hul skool. Hoe jammer tog dat volwassenes in kinders die volgende ervaar: gebrek aan respek, nie net vir ouer mense nie maar vir ander kinders. En meeste (nie alle) skole se kinders loop rond met ’n stok in die hand. Dis nou bedoel vir hul singery op die paviljoen.

Ek het die volgende ervaar: ’n meisie van Affies wat my gesig met so min as 5cm misgeslaan het. Toe ek haar aanspreek daaroor, het sy my aangekyk asof sy nie kon glo iemand het ’n probleem met die feit dat sy my amper in die gesig geslaan het nie.

Nog ’n voorbeeld: drie seuns van Seunshoër wat ’n kleiner seun van ’n ander skool oor die rug slaan, wegloop en sê: “Ek het hom lekker gem&^^%%$.” Hoe kan dit aanvaarbare gedrag wees?

Wat is ons besig om vir ons kinders te leer wat met stokke rondloop…? Hoekom aanvaar ons dat hulle ander kinders mag slaan, lag en wegloop? Hoekom is dit aanvaarbaar om ’n grootmens amper raak te slaan, want jy wou maar net jou tjommie slaan en die ou vrou is per ongeluk in die pad?

Dis al genoeg om te sien hoe kinders ouer mense blatant uit die pad stamp sonder enige respek, wat die norm geword het en nie eens meer genoem word in gesprekke oor vandag se kinders nie. Maar hierdie stokdra generasie… wat leer ons hulle? Dat ’n lukrake geslaan aanvaarbaar is? Nog erger, om ander kinders te teiken en te slaan… en dit aanvaarbaar is omdat dit by ’n atletiekbyeenkoms gebeur?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button