Opinion
Haal balk uit eie oog
Hannelie Kroukamp van Pretoria skryf: In antwoord op 13 Maart se “Women stop for nothing”-brief. Die eeu oue vingerwysiging tussen mans en vroue se bestuursvernuf is niks nuuts nie. Maar ek wil net ’n paar goed uitwys aan anoniem van Pretoria. As jy nie gou genoeg kon stop as die vrou voor jou stop vir …

Hannelie Kroukamp van Pretoria skryf:
In antwoord op 13 Maart se “Women stop for nothing”-brief.
Die eeu oue vingerwysiging tussen mans en vroue se bestuursvernuf is niks nuuts nie. Maar ek wil net ’n paar goed uitwys aan anoniem van Pretoria. As jy nie gou genoeg kon stop as die vrou voor jou stop vir ’n hond, padda of voël nie, beteken dit jy het nie die korrekte volgafstand gehou nie. En jou reaksietyd is dan soos die vrouebestuurder s’n, swak. As jy in hul volgafstand inbeweeg, beteken dit jy druk in ’n spasie in wat nie groot genoeg is vir jou 4×4 nie. Dus is jy pleinweg ’n padvark. Just some thoughts – hey?
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
