Opinion

Dankbaar

'n Leser is dankbaar.

Natashia Croeser van Pretoria skryf:

Na gelang van die afgelope paar weke se briewe, is dit regtig op my hart om vandag hierdie brief te skryf.

Oor die algemeen is ons samelewing deesdae ongeorden, onproduktief, disrespekvol en “wees”. Dit voel soms asof mense adverteer bloot om nié die werk te doen nie! Maar my denke is drasties verander na gister, 16 Maart 2015.

Ons sukkel al geruime tyd met ‘n foutiewe kragkabel tuis, en ‘n klein dingetjie soos bedagsaamheid, betydsheid, behulpsaamheid en resultate is iets wat ons nie meer gewoond aan is nie….

Uit moedeloosheid trek ek toe die Rekord nader en kry die kontaknommer van Jacques – eienaar van 1st Electrician Worx (hy adverteer weekliks in Rekord), met min hoop dat sy diens en al die ander bogenoemde dinge enigsins sou verskil van die vorige “episodes” wat ek die afgelope ruk beleef het.

Maar daar en dan moes ek my woorde sluk – ek het vir Jacques na-ure gekontak, wat in baie gevalle doodeenvoudig die antwoord “ons kan môre help” sou gewees het, maar toe nie. Hy het dadelik ingestem en bevestig hulle sou binne 40 min by my wees. Ek woon in Moreleta Park en Jacques is oorspronklike vanaf Pretoria Tuine se wêreld – opsigself ‘n penarie as jy die verkeer in ag neem.

Nietemin was hy oppad – in Garsfontein het sy bakkie se brandstofkabel gebreek, maar dit het nie gekeer dat hy opdaag nie… en dan nog betyds ook.

Die feit dat Jacques en sy kollega jonk is, beïnvloed geensins hul kennis, kwaliteit werk of toewyding nie. Vir meer as twee ure het hulle geduldig na die fout gesoek en dit uiteindelik opgespoor. Dit was al nagdonker toe hul steeds werkskaf om als uitgesorteer te kry.

Jacques en kollega… ek beveel jul aan vir enige iemand, enige tyd. Mag jul besigheid floreer en jul toegegooi word met die werk.

Julle is inderdaad enig in soort!!!!

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button