
Hello Thys,
Ek’t met belangstelling jou brief “Laat grondwetlike reg toe” gelees. Stem 110% met jou saam.
Ons probleem egter is die ‘mensdom’ (eintlik ’n baie gepaste naam – veral die ‘dom’ gedeelte!).
Toe ek jonk was, het die ou mense altyd gesê: “Politiek en godsdiens is vir die binnekamer van jou huis, want ‘daar buite’ is daar dikwels ’n bakleiery, na die een of ander kant toe, kry nooit ent nie.”
‘n Goeie voorbeeld is die 2e deel van jou brief – “So ‘n week of drie gelede het Rekord ’n brief geplaas van ’n leser wat met drif en hoogheiligheid uitgevaar het teen mense wat ‘selfmoord pleeg’.”
In die eeue wat verby is, het dit male sonder tal gebeur dat die een klomp hul sienning op ander probeer afdwing, soos “The Spanish Inquisition” toe Katolieke gelowige mense van ander godsdienste uitgewis het.
Later was daar “The Christian Crusades” toe dit Christene se beurt was om die ander aan te vat. Deesdae is dit sekere van die Moslems wat weer hulle ding doen? Dit hou nooit op nie!
Ons sal maar liewers politiekery vir eers nie bespreek nie.
Beste Groete,
Jack van Rooyen.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
