
Ons Goeie Samaritane
Op Sondag 3 Januarie 2016 het ek met my ou Volksie Beetle petrol gaan intap by die petrolpomp naby die hoek van Zambesi- en Breedstraat in Montanapark.
Daarna wou die kar nie vat nie. Die petroljoggies het kom help stoot maar nogtans wou die kar nie vat nie. Toe skuif hulle dit opsy.
Toe bid ek dat die Here my moet help. Net daarna kom ‘n vrou na my en vra of ek nog ‘n kar het. Toe ek ja sê, bied sy aan om my na my huis in Tweeriviere-aftreeoord te neem.
Dalk sou daar iemand wees wat my verder sou kon help. Sy en haar man het my toe na my huis geneem. Ek vra hulle van. Dit was Bothma.
Toe hulle my by my huis aflaai, is ek dadelik oorkant na my een buurman Jan Muller. Hy het my onmiddellik met sy motor na myne geneem.
Daar ontdek hy ‘n los draad wat by die induksieklos losgekom het. Hy het dit teruggesit en daar vat die kar.
My hartlike dank aan die goeie Samaritane, Jan Muller, die Bothmas en die petroljoggies en natuurlik ook die Here.
Cyrus Smith, A267, Tweeriviere-aftreeoord, Montanapark.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
