
Ek kan nie begryp nie hoe mense kan weggaan op vakansie en hulle diere net so by die huis laat sonder dat iemand na hulle omsien.
Dan is daar mense wat wel jonger mense vra om na hulle diere te kyk, maar hulle stel meer daarin belang om partytjie te hou as om hulle verantwoordelikheid na te kom — waarvoor hulle in meeste gevalle betaal word.
As jy weet jou dier is bang vir vuurwerke, waarom los jy hom/haar by die huis alleen? Toe jy jou “dierekind” in jou huis geneem het, het ‘n verantwoordelik van 10-15 jaar op jou skouers geval.
As jy nie die verantwoordelikheid kan hanteer om na hulle om te sien nie, hoekom dan diere hê?
As jy dan nou werklik wil weggaan vir vakansie, kry dan ‘n verantwoordelike mens om na jou diere in jou huis te kom kyk of betaal vir hulle om in ‘n “boarding” plekkie te gaan bly vir die tydperk wat jy weg is.
Neem verantwoordelikheid vir jou “dierekind” te alle tye, nie net wanneer jy daarna voel nie.
Trudie Wessels
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
