
Ek werk vir ‘n bekende sekuriteitsfirma in die Moot en wil graag die volgende met julle deel.
Omdat die bestuur en eienaar nie gehoor gee aan ons klagtes nie skryf ek ‘n anonieme brief aan julle, met die hoop dat dit geplaas gaan word sodat die eienaar die erns van die saak sal insien.
Ons werk met verskeie situasies en probleme. Ons het geen koëelvaste baadjies nie asook geen wapens of iets om ons mee te beskerm nie.
Ons moet jaag na gewapende rooftogte en kapings en die kersie op die koek is dat ons voertuie uitmekaar val en ons lewens in gevaar is die oomblik as ons daarin klim.
Daar word al vir meer as twee jaar leë beloftes aan ons gemaak oor koëelvaste baadjies, vuurwapens en nuwe voertuie.
Ek en van my kollegas het ‘n vrou en kinders by die huis en ons weet of ons vanaand ons gesinne gaan sien nie.
Met behoorlike voertuie, beskerming en toerusting om ons self mee te verdedig, sal ons meer gewillig wees om noodsituasies te hanteer.
Dis tyd dat die maatskappy se eienaar en bestuur besef dat ons lewens in hul hande is. Hulle ry met BMW’s en die tegniese manne ry met ordentlike bakkies.
Ons manne wat die werk, doen ry met voertuie wat onpadwaardig is en aanmekaar geplak word. Die voertuie is gaar en wil nie meer nie.
Ek hoop daar kan iets van die e-pos gemaak word. Ons ouens kan nie meer so aangaan nie. Die mense besef nie waarmee ons elke dag te doen kry nie.
Anoniem
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
