LettersOpinion

Los die varkies uit

"Ons gee daagliks vir die varkies kos soos almal teen die oop veld maar doen."

Asseblief los die varkies uit. Die heinings moet eerder herstel word dan sal die varkies nie uitkom nie. Dit is eerder ongemagtigdes wat deur die heinings kom en so ook openings laat waar die varke kan uitkom. Die stormwater van onlangs het ook die heining erg beskadig.

Ons woon al die afgelope jaar teen die oop veld en het juis die plek gekoop vanweë die plaasgevoel. Ons gee daagliks vir die varkies kos soos almal teen die oop veld maar doen. Inteendeel ons koop weekliks wortels, patats, pampoen, slaai en enige afval-skille en brood word ook gevoer.

Nog nooit het enige van die varke kom bedel vir kos nie. Hulle is maar net daar en wat ‘n plesier om hulle daar te hê. Die varke is gesond. Hou geen gevaar in nie en rig nie skade aan nie. En hulle lyk baie gelukkig waar hulle is. Los hulle uit. Hulle behoort duidelik aan iemand. Om hulle te verwyder en heel waarskynlik in hokke te plaas, gaan meer skade as goed doen.

Dus Salome Gropp doen eerder iets goeds vir die varke en reël ‘n gemeenskapsprojek om die heining te herstel waar hul uitkom. Almal ken die varkies en sover ek weet het nog niemand gekla nie.

Dankie, Kobie Botha.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button