Sport

Tuks se vroue sagtebalspan trek aandag vir kankerveldtog

Met die nuwe sagtebal seisoen wat die afgelope maand afgeskop het, het Gauteng-Noord se top vrouespan besluit om hul deel vir liefdadigheid te doen. Tuks vroue sagtebal, die huidige provinsiale kampioene, het hul deel gedoen vir borskanker bewusmakingsmaand (Oktober) deur hul gewone rooi en blou kouse te verruil vir pienk kouse in hul eerste ligawedstryde. …

Met die nuwe sagtebal seisoen wat die afgelope maand afgeskop het, het Gauteng-Noord se top vrouespan besluit om hul deel vir liefdadigheid te doen.

Tuks vroue sagtebal, die huidige provinsiale kampioene, het hul deel gedoen vir borskanker bewusmakingsmaand (Oktober) deur hul gewone rooi en blou kouse te verruil vir pienk kouse in hul eerste ligawedstryde.

Die veldtog is geborg deur SA Sport Imports (SASI). Behalwe dat bewusmaking met die kouse geskep is, het SASI ook pienk sagteballe verkoop gedurende Oktober en ’n deel van die opbrengs sal aan Kansa geskenk word.

Die kouse en die veldtog het die afgelope paar weke baie aandag getrek by die velde waar Tuks se vroue in aksie was.

Tuks se afrigter, Lee Vermaak, het gesê hulle beskou dit as ’n voorreg om deel van so ’n belangrike, maar ook prettige inisiatief te kon wees. Hulle hoop om in die toekoms weer by soortgelyk projekte betrokke te raak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button