Tuks HPC maak geborgde sportmanne vir 2016 bekend
Die Universiteit van Pretoria se High Performance Centre (HPC) het onlangs die name van 57 atlete en ander sportmanne en –vroue bekendgemaak wat deur dié sentrum geborg en ondersteun sal word op pad na die Olimpiese Spele van 2016. Die HPC se hoof uitvoerende beampte, Toby Sutcliffe, het by die geleentheid waartydens die name van …
Die Universiteit van Pretoria se High Performance Centre (HPC) het onlangs die name van 57 atlete en ander sportmanne en –vroue bekendgemaak wat deur dié sentrum geborg en ondersteun sal word op pad na die Olimpiese Spele van 2016. Die HPC se hoof uitvoerende beampte, Toby Sutcliffe, het by die geleentheid waartydens die name van die atlete bekendgemaak is weer herhaal dat hulle in 2016 mik na sewe olimpiese medaljes uit dié groep. Die helfte van al die medaljes wat Suid-Afrika by die Olimpiese Spele van 2012 gewen het, is ingepalm deur sportmanne wat deur die HPC onder hande geneem is en dit is een van die redes waarom Sutcliffe glo dat hulle ten minste sewe medaljes kan wen by die volgende spele in Brasilië. Sutcliffe het aan die media gesê dat hulle glo dat die Tuks HPC oor al die nodige kwalifikasies en vereistes beskik om hierdie doelwit te bereik. Volgens hom stel hulle aanhoudend hoër standaarde vir hul sportmanne en hy glo ook die hoëprestasie omgewing en die kultuur van kampioene wat hulle vir hul sportmanne aanleer sal faktore wees in die prestasies van die geborgde atlete. Die 57 sportmanne wat by die Tuks HPC sal voorberei vir 2016 sluit 23 atlete, 13 roeiers, sewe swemmers, ses judokas, vier driekamp atlete, twee gholfspelers, een kanoovaarder en een bergfietsryer in.
