Sport

Klofies se netbalfees lok weer baie spanne

Meer as 800 netbalspeelsters was deel van die 86 spanne uit meer as dertig skole vanoor die lengte en breedte van Suid-Afrika wat die afgelope week op die netbalbane van die Hoërskool Waterkloof in aksie was tydens dié skool se jaarlikse netbalfees.

Die afgelope naweek het ’n karnavalatmosfeer by Hoërskool Waterkloof geheers met meer as 800 dogters wat deel was van Hoërskool Waterkloof se jaarlikse Barloworld Klofie-Netbalfees.

Dié netbaltoernooi het sedert sy ontstaan in 2009 gegroei tot een van die prestige sportreekse in die land. Altesaam 33 skole word deur 86 spanne by die toernooi verteenwoordig.

Spanne in al die ouderdomsgroepe vir hoërskooldogters, naamlik o.14, o.15, o.16, o.17 en o.19 neem aan die netbalfees deel. Skolespanne uit alle dele van Suid-Afrika, sowel as ’n span uit Namibië, vorm deel van die toernooi.

Hierdie syfers en feite toon duidelik dat die reeks sy kinderskoene ontgroei het en deesdae onder die beste soortgelyke reekse in die land tel.

’n Kenmerk van die Klofie-netbalfees is die volop geleentheid wat elke deelnemende span kry om te speel. Dit gee individue en spanne die geleentheid om hul netbalvaardighede te verbeter voor die netbalseisoen begin.

Eleanor du Toit, Hoërskool Waterkloof se netbal-direkteur, het haar tevredenheid uitgespreek met die opkoms en verloop van vanjaar se netbalfees. Sy het gesê dié toernooi is die ideale toets vir skolespanne om hul vermoëns vir die komende seisoen te bepaal . “Elke speler en span speel op ’n daaglikse basis taai wedstryde teen skole wat hoofsaaklik buite hul liga-area val. Dié formaat verhoed dat skole meer as een wedstryd teen dieselfde teenstander speel. Die toernooi sorg ook dat krag teen krag speel,” het Du Toit gesê.

Mev Charlotte Schoeman, direkteur van netbal by Hoërskool Eldoraigne, het gesê die netbalfees gee geleentheid aan al hul netbalspelers om genoeg wedstryd-oefening te kry voor die amptelike seisoen.

In verskeie wedstryde op die toernooi het die stryd tussen die opponente baie gelyk verloop, wat die sukses van die konsep onderstreep het. Goeie netbal was beslis aan die orde van die dag

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button