Sport

Bulletjierugby word mondig

Die jaarlikse amptelike Bulletjie-dag van die Blou Bulle Rugby-unie (BBRU), wat geborg word deur Vodacom, vind vanjaar weer op 31 Mei op Loftus Versfeld se B-, C- en D-veld plaas en dit beloof om weer so gewild en suksesvol soos in die verlede te wees.

Die Blou Bulle bereik hierdie jaar nog ’n mylpaal met die 21ste verjaarsdag van Bulletjie-rugby.

Die projek is in 1993 deur Johan Schoeman van die destydse Noord Transvaalse Rugby-unie van stapel gestuur om jong beginner-rugbyspelers by skole aan die spel bekend te stel.

Hierdie projek met die alombekende Bulletjie Logo het gegroei tot die grootste en gewildste Mini-rugbyprojek in Suid Afrika. Deesdae neem 88 laerskole deel aan die projek in Pretoria.

In Pretoria alleen is ongeveer 5 000 seuns en dogters jaarliks deel van Bulletjie-rugby en die Blou Bulle Laerskolerugbyvereniging bestuur die projek wat strek van afrigtersopleiding tot die organisering van interskolewedstryde in streekverband.

Die jaarlikse amptelike Bulletjie-dag van die Blou Bulle Rugby-unie (BBRU), wat geborg word deur Vodacom, vind vanjaar weer op 31 Mei op Loftus Versfeld se B-, C- en D-veld plaas en dit beloof om weer so gewild en suksesvol soos in die verlede te wees.

Daar word sowat 5 500 spelers by die dag verwag asook besoekers uit die aangrensende provinsies.

Die BBRU se departement spelbevordering het in 2014 ’n nuwe handleiding vir Bulletjie-rugbyafrigters saamgestel en die reëls en formaat van die spel is daarin aangepas om te voldoen aan die riglyne wat SA Rugby stel vir hul langtermyn-spelerontwikkelingsprogram.

Vir meer inligting besoek gerus die webwerf by www.bulletjie.co.za .

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button