Sport

Bekende voorsitter van Centurion jeugrugbyklub oorlede

Die bestuur en lede van die Centurion rugbyklub het Woensdagoggend geskok gereageer toe die nuus bekend geword het dat die baie gewilde voorsitter van die Centurion jeugrugbyklub, Margaret van der Merwe, na ’n kort siekbed oorlede is. Van der Merwe was 57 jaar oud en sy het diep spore getrap in die administrasie van jeugrugby …

Die bestuur en lede van die Centurion rugbyklub het Woensdagoggend geskok gereageer toe die nuus bekend geword het dat die baie gewilde voorsitter van die Centurion jeugrugbyklub, Margaret van der Merwe, na ’n kort siekbed oorlede is.
Van der Merwe was 57 jaar oud en sy het diep spore getrap in die administrasie van jeugrugby by haar klub én by die Blou Bulle se jeugklubvereniging.
Volgens ’n woordvoerder van die klub het sy op 3 Mei nog saam met vriende na die Bulls se wedstryd teen die Cheetahs gekyk, maar toe begin kla dat sy sleg voel. Sy is later in die hospitaal opgeneem, waar sy vir hart- en longverwante probleme behandel is, maar haar gesondheid het skielik agteruitgegaan en sy is Dinsdagaand 13 Mei oorlede.
Van der Merwe was baie jare lank betrokke by die administrasie van jeugrugby by die Centurion jeugrugbyklub en die afgelope paar seisoene was sy die voorsitter van dié jeugklub. Sy het aan die einde van verlede seisoen erekleure van dié klub ontvang vir haar jarelange diens as administrateur.
Sy was ook sedert 2010 betrokke by die Blou Bulle se jeugklubvereniging, waar sy as sekretaris aan die hoof van dié vereniging se administrasie gestaan het.
Anton van der Merwe, veteraan rugbyadministrateur wat al baie jare op die komitee van die Blou Bulle se jeugklubvereniging dien het aan Rekord gesê Van der Werwe was een van die mees gedissiplineerde en deeglikste rugbyadministrateurs wat hy ooit geken het. Hy het gesê haar passie vir jeugrugby was aansteeklik en haar bydrae sal beslis gemis word.
Sy word oorleef deur haar man, Callie, en drie volwasse seuns.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button