Sport

Pretorianers presteer in nasionale veldrenkampioenskappe

Pretoria se Brian Baragwanath (Team Rhide SA-Yamaha) het ’n driekuns in die 2014 nasionale veldrenkampioenskap behaal toe hy die vierwielkategorie vir die derde keer dié seisoen by die BELL 400, wat onlangs buite Vryheid in KwaZulu-Natal plaasgevind het, gewen het. Dit was Baragwanath se tweede agtereenvolgende BELL 400-sege. Die ryer van Botswana, Ross Branch (Brother …

Pretoria se Brian Baragwanath (Team Rhide SA-Yamaha) het ’n driekuns in die 2014 nasionale veldrenkampioenskap behaal toe hy die vierwielkategorie vir die derde keer dié seisoen by die BELL 400, wat onlangs buite Vryheid in KwaZulu-Natal plaasgevind het, gewen het. Dit was Baragwanath se tweede agtereenvolgende BELL 400-sege. Die ryer van Botswana, Ross Branch (Brother KTM), het sy eerste oorwinning in dié kampioenskap aangeteken toe hy die motorfietsafdeling van die BELL 400 gewen het. Branch, wat tydens die afgelope twee renne telkens tweede algeheel in die oopklas geëindig het, het die voortou in die motorfietsafdeling aan die begin van dié 360km-ren geneem. In die proses het Branch die verdedigende kampioen van Pretoria, Kenny Gilbert (Proudly Bidvest Yamaha), met net minder as twee minute geklop. Die wedren het in droë en stowwerige toestande plaasgevind. In die vierwielmotorfietsafdeling was Baragwanath op sy eie nadat die verdedigende titelhouer, Jurie ‘Botter’ Meyer (Yamaha Race Support), van sy sewende wegspringposisie af opgeskuif het maar die handdoek net na die halfpadmerk moes ingooi toe sy vierwieler enjinprobleme ontwikkel het. André du Plessis (Yamaha) het ook tyd opgemaak en het ’n moontlike podiumposisie in die oog gehad toe hy tydens die laaste rondte óók weens enjinprobleme die stryd gewonne moes gee. Net dertien vierwielryers in Q1, Q2 en die senior klas kon die volledige renafstand voltooi. Toni Jardine (KTM) het haar tweede sege in die damesmotorfietsklas aangeteken het. Sy het ook die gekombineerde damesklas vir motorfiets- én vierwielers gewen. Taye Perry van Centurion (Bert Smith Racing KTM) het die tweede plek in hierdie afdeling behaal. Al elf ryers in die hoërskoolklas in die motorfietsafdeling het die ren voltooi. Hulle moes net drie van die ses 60km-rondtes voltooi. Die Pretoriase skoolseun, Brendon Fourie (Fast Powersports Kawasaki), het dié klas vir die tweede keer vanjaar gewen het. Nog ’n Pretorianer, Eduan Bester van Centurion (NUTS Racing/Century Civils-Yamaha), was tweede. Die nasionale veldrenkampioenskap sal op 14 Junie voortgesit word met die Vryburg Stella 400 wat op Stella in die Noordwes-provinsie begin. Dié byeenkoms sal die vierde en finale 360km-ren vanjaar wees en die kampioenskap sal met twee 180km-renne in Augustus en September afgesluit word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button