Sport

Polisie wen Lucas Strachan skild

Die laaste week van die eerste rondte in vanjaar se Carltonbekertoernooi het nie net meer as een verrassing opgelewer nie, maar dit sal ook onthou word as die naweek waar Polisie onteenseglik bewys het dat die span wat vanjaar dié gesogte beker wil wen, eers by hulle verby sal moet kom. Maar een van die …

Die laaste week van die eerste rondte in vanjaar se Carltonbekertoernooi het nie net meer as een verrassing opgelewer nie, maar dit sal ook onthou word as die naweek waar Polisie onteenseglik bewys het dat die span wat vanjaar dié gesogte beker wil wen, eers by hulle verby sal moet kom. Maar een van die verrassings van die naweek het niks met die uitslag van ’n wedstryd te doen gehad nie, maar wel met die reëls van vanjaar se kompetisie. Daar het ’n misverstand onder byna al die klubs geheers oor die wyse waarop die Blou Bulle se verteenwoordiger by volgende jaar se Gemeenskapsbeker toernooi bepaal gaan word. Die algemene persepsie, wat blykbaar onder al die oopklubs geheers het, was dat die oopklub wat die hoogste op die punteleer eindig ná die eerste rondte (wat Saterdag ten einde geloop het) as die Bulle se Gemeenskapsbekerverteenwoordiger vir 2015 aangewys sou word. Tydens Saterdag se wedstryd tussen Oostelikes en Polisie het die Blou Bulle se hoof uitvoerende beampte, Eugene Hare, dié misverstand uit die weg geruim deur te bevestig dat die span wat die Bulle volgende jaar by die Gemeenskapsbeker sal verteenwoordig eers aan die einde van die Carltonbekerreeks bepaal sal word. Die eerste rondte sou slegs die wenner van die Lucas Strachanskild bepaal en dié skild was tot die beskikking van al die deelnemers aan die reeks. Na die einde van die eerste rondte word die spanne in twee groepe verdeel. Die boonste vier spanne speel dan uit vir die Carltonbeker, terwyl die onderste drie sake sal uitspook vir ’n nuwe trofee, die Carltonskild. Dié twee afsonderlike reekse sal op 19 Julie begin en al die spanne sal met ’n skoon blaadjie op die puntelys begin. Hierdie reëling beteken in praktyk dat Polisie en Oostelikes die enigste twee klubs is wat vir volgende jaar se Gemeenskapsbekerreeks kan kwalifiseer aangesien een van die naweek se ander verrassings die uitslag van die wedstryd tussen Harlequins en Centurion was.
* Harlequins het Centurion, wat die Bulle vanjaar by die Gemeenskapsbeker verteenwoordig het, op verrassende wyse met 28-25 geklop en sodoende aan TUT die kans gegee om as een van die top vier spanne te kwalifiseer. Vir Centurion is hierdie gebeure ’n laagtepunt in hul geskiedenis nadat hulle ook die hele seisoen tot dusver gesukkel het. Daar kan aanvaar word dat dié klub na dese ernstig selfondersoek sal doen en daar kan selfs ’n paar koppe in die klub se bestuur rol.
* Tukkies het Saterdagmiddag seker gemaak dat hulle punteverskil beter as dié van Polisie sal wees toe hulle die Naka Bulle met 92-0 afgeslag het. Tukkies het in die proses 14 drieë gedruk. Ongelukkig vir die studente moes Oostelikes hulle ’n guns doen deur Polisie te klop om Tukkies na die eerste plek op die puntelys te kon laat opskuif.
* Polisie het egter ’n kliniese vertoning gelewer waarin hulle in die eerste helfte van hul wedstryd teen Oostelikes dié troepe van Jan Boot se aanslag afgeweer het deur hul stadig maar seker voorlangs te oorheers. In die tweede helfte het die damwal gebreek nadat die rustydtelling nog 18-10 in Polisie se guns was. Polisie het vier onbeantwoorde drieë in die tweede helfte gedruk toe Oostelikes se petrol opgeraak het. Met hierdie oorwinning van 47-10 het Polisie die eerste rondte van vanjaar se Carltonbekerreeks onoorwonne afgesluit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Check Also
Close
Back to top button