Sport

Bulls se laaste greintjie hoop op Nuweland begrawe

Die Bulls se kanse om nog by die agterdeur in te glip en as een van die top ses spanne in vanjaar se SuperRugby toernooi te eindig, is Saterdagmiddag op Nuweland beëindig.

Die Bulls se kanse om nog by die agterdeur in te glip en as een van die top ses spanne in vanjaar se SuperRugby toernooi te eindig, is Saterdagmiddag op Nuweland beëindig toe die Stormers hulle met 16-0 geklop het.
Die Bulls het een van hul swakste vertonings van die seisoen gebêre vir hierdie belangrike wedstryd, wat hul SuperRugby hoop vir 2014 lewend kon hou. Veral hul spel in die eerste helfte was beslis nie dié van ’n span wat aanspraak wil maak op die titel as die beste provinsiale span in die suidelike halfrond nie.
Aan die ander kant was die Stormers se spel soms baie goed en hul motivering was besis beter, hoewel net eer vir hulle op die spel was.
Hoewel Victor Matfield en sy manne soms ook in die vaste fasette gesukkel het, was dit veral in die los en by die afbreekpunte waar die Stormers hulle ’n behoorlike rugbyles geleer het. Nie dat dít ’n vreemde les vir die Bulls is nie, want hul gebrekkige vermoëns by die afbreekpunte was juis die grootste rede vir hul ondergang in verskeie wedstryde in vanjaar se toernooi.
Hierdie nederlaag bring ’n seisoen van baie terugslae en frustrasie vir die Bulls by die punt waar hulle dit so gou as moontlik agter die rug sal wil kry, hoewel hulle eerskomende naweek nog ’n laaste wedstryd teen die Rebels van Australië moet speel.
Daar kan verwag word dat Frans Ludeke se span vir eerskomende Vrydag se wedstryd teen die Rebels baie nuwe gesigte sal bevat en dat hy daarmee reeds sy voorbereiding vir vanjaar se Curriebeker-reeks sal begin.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Check Also
Close
Back to top button