Sport

Bulletjies eindig Cravenweek met puik oorwinning

Ná hul naelskraapse nederlaag teen die baie sterk span van die Oostelike Provinsie (OP), het die Blou Bulle se o.18 Cravenweekspan goed herstel en die res an die week onoorwonne afgesluit. Dinge kon baie maklik anders verloop het vir die jong Bulletjies, want in hul eerste wedstryd teen die OP kon sake maklik anders verloop …

Ná hul naelskraapse nederlaag teen die baie sterk span van die Oostelike Provinsie (OP), het die Blou Bulle se o.18 Cravenweekspan goed herstel en die res an die week onoorwonne afgesluit.
Dinge kon baie maklik anders verloop het vir die jong Bulletjies, want in hul eerste wedstryd teen die OP kon sake maklik anders verloop het. Ongelukkig het die seuns uit die Oos-Kaap daarin geslaag om een minuut voor die eindfluitjie die wendrie in die hoekie te druk en een van die sterre van die week, hul losskakel Curwin Bosch, het dié drie verdoel om die OP met 26-25 te laat wen.
Die OP-span het hierna ook met die Vrystaat afgereken (19-5), wat aan hulle ’n plek in die nieamptelike finaal van die Cravenweek besorg het teen een van die ander spanne wat vriend en vyand verras het, Suidwestelike Distrikte (SWD).
Die jong Bulletjies het in hul tweede wedstryd met hul bure van oorkant die Jukskei-rivier, die Goue Leeus, afgereken deur hulle maklik met 21-10 te klop. Dit het aan die Bulletjies die eer gegee om op die laaste dag in die hoof-voorwedstryd op die A-veld te speel. In hierdie laaste wedstryd was hulle verwoestend en het die jong Sharks (Kwazulu-Natal) met 36-15 verniel. In die proses het die Bulletjies vyf drieë teen hul teenstander se twee gedruk.
Hoewel die Bulletjies as ’n span baie goed gespeel het, was daar tog enkele spelers wat uitgestaan het. Ruan de Beer, sterk vleuel van Menlopark, was een van die beste vleuels op die toernooi, terwyl die losskakel, Tinus de Beer an Waterkloof, soos verwag ook sy merk gemaak het. De Beer was tweede op die lys van top puntemakers op die toernooi, slegs een punt agter Markus Coetzer van die Luiperds.
Jan-Henning Campher van Garsfontein, wat haker en kaptein van die Bulletjies was, het ook indruk gemaak, veral met sy leierskap.
Verskeie van die Bulletjies is kandidate om vanjaar die SA Skolespan te haal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button