Local sportSport

Spar Irene Lantern wedloop lok weer duisende

Meer as 7000 atlete het opgedaag vir die Spar Irene Lantern 10km wedloop en die terrein was ‘n miernes van bedrywighede om aan almal se behoeftes te voldoen.

Die Spar Irene Lantern 10km wedloop, die eerste been van vanjaar se Irene Driemalige Uitdaging, is die afgelope Woensdagaand op die Landbounavorsingsraad se Irene kampus aangebied.

Meer as 7000 atlete het opgedaag vir dié gewilde aandwedloop en die terrein was ‘n miernes van bedrywighede om aan almal se behoeftes te voldoen. Behalwe vir die atlete, was daar ook die ondersteuners en die harde werkers wat gesorg het dat die reëlings vlot verloop en dat daar genoeg verversings is vir almal.

Die wedloop was weer puik georganiseer. Hierdie feit én die feit dat dit in die plaasatmosfeer op die Landbounavorsingsraad se proefplaas aangebied word dra by tot die gewildheid van die wedloop. Dit was die eerste been van die Irene Driemalige Uitdaging, waarvan die tweede been, die Clover Irene Lentewedloop, in Septembermaand sal plaasvind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button