Local sportSport

Blou Bulle verloor eerste keer vanjaar op Loftus Versfeld

Al het die Blou Bulle Saterdagmiddag op Loftus Versfeld teen die WP baie beter vertoon as vroeër vanjaar in die Curriebekerreeks, kon hulle steeds nie die wedstryd wen nie. Die Kapenaars se oorwinning van 23-18 beteken dat die Bulle ook hul eerste nederlaag vanjaar  op Loftus Versfeld gely het. Daar het meer as dubbeld soveel …

Al het die Blou Bulle Saterdagmiddag op Loftus Versfeld teen die WP baie beter vertoon as vroeër vanjaar in die Curriebekerreeks, kon hulle steeds nie die wedstryd wen nie.

Die Kapenaars se oorwinning van 23-18 beteken dat die Bulle ook hul eerste nederlaag vanjaar  op Loftus Versfeld gely het.

Daar het meer as dubbeld soveel toeskouers opgedaag vir hierdie wedstryd in vergelyking met verlede week se kragmeting teen die OP Kings, maar ’n mens kan aanvaar dat die meerderheid van dié 11608 siele wat wel by Loftus opgedaag het, ondersteuners van die Streeptruie was.

Die WP as span én hul ondersteuners sou egter in die eerste helfte verras gewees het met die spel van die tuisspan.

Dit het nie gelyk soos die hulpelose en hopelose spulletjie van die eerste paar Curriebeker wedstryde nie en as die Bulle hul kanse beter gebruik het kon die telling teen rustyd heel anders gelyk het as die 0-3 in die WP se guns wat dit wel was.

Die Bloues was inderdaad hul eie grootste vyand, want hulle het regdeur die wedstryd telkens momentum opgebou en tot diep in die WP se gebied gevorder, net om balbesit te verloor of weens ander foute weer daardie momentum in te boet.

Die WP was byna regdeur die wedstryd onder druk, maar twee briljante drieë halfpad deur die tweede helfte deur hul twee blitsige vleuels, het die wedstryd in die Kapenaars se guns geswaai.

In beide gevalle was die Blou Bulle se verdediging nie op standaard nie, wat bygedra het tot die skouspelagtige waarde van dié drieë. Die Bulle se jong en onervare losskakel, Joshua Stander, het boonop ’n nagmerrie wedstryd beleef. Hy het ’n maklik skop verbrou en takties ook nie baie goed gevaar nie.

Daar was tog ook ligpunte, soos Blou Bulle se puik skrumwerk en hul voorspelers se oorheersing in die algemene spel, waar Dean Greyling veral uitgeblink het met sy dryflopies. Die Bulle sal na hierdie nederlaag nie kan bekostig om weer te verloor as hulle die uitspeelrondtes van die Curriebeker wil haal nie.

Puntemakers:

BLOU BULLE: 18. Drieë: Jacques du Plessis, Sampie Mastriet. Doelskoppe: Joshua Stander (1). Strafdoele: Tian Schoeman (2).

WP: 23. Drieë: Kobus van Wyk, Seabelo Senatla. Doelskoppe: Demitri Catrakilis (2). Strafdoele: Kurt Coleman (2), Demitri Catrakilis (1).

Spanne:

BLOU BULLE: 15. Jesse Kriel, 14. Akona Ndungane, 13. William Small-Smith, 12. Burger Odendaal, 11. Sampie Mastriet, 10. Joshua Stander, 9. Piet van Zyl, 8. Jono Ross, 7. Jacques du Plessis, 6. Deon Stegmann (kaptein), 5. Grant Hattingh, 4. Paul Willemse, 3. Werner Kruger, 2. Callie Visagie, 1. Dean Greyling. Bank: 16. Bongi Mbonambi, 17. Hencus van Wyk, 18. Nicolaas Janse van Rensburg, 19. Jacques Engelbracht, 20. Rudi Paige, 21. Tian Schoeman, 22 Ryan Nell.

WP:15. Cheslin Kolbe, 14. Kobus van Wyk, 13. Juan de Jongh (kaptein), 12. Jaco Taute, 11. Seabelo Senatla, 10. Demetri Catrakilis, 9. Nic Groom, 8. Nizaam Carr, 7. Michael Rhodes, 6. Siya Kolisi, 5. Manuel Carizza, 4. Jean Kleyn, 3. Pat Cilliers, 2. Stephan Coetzee, 1. Alistair Vermaak Bank: 16. Neil Rautenbach, 17. Brok Harris, 18. Ruan Botha, 19. Rynhardt Elstadt, 20. Louis Schreuder, 21. Kurt Coleman, 22. Pat Howard.

Beamptes: Skeidsregter: Craig Joubert Assistent skeidsregter: Rasta Rasivhenge en Cobus Wessels TV skeidsregter: Willie Vos

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button