Local sportSport

Oostelikes-Eagles hersturktureer

Die Oostelikes-Eagles rugbyklub moes hul bestuur verander ná verskeie verwikkelinge waarin hul gwese voorsitter onder andere by nuwe planne vandie Blou Bulle betrek word.

Die Oostelikes Eagles rugbyklub is gereed om die volgende stap na die bo-punt van die suksesleer te klim en dié klub moes noodgedwonge hul bestuur herstruktueer om by veranderings aan te pas.
Die klub het ‘n aantal strategiese skuiwe gemaak vir die 2015 seisoen en wil voortbou op hul opwaartse kurwe die afgelope twee seisoene in die Blou Bulle se Carltonliga.
Op versoek van die Limpopo Blou Bulle is Oostelikes se voormalige voorsitter, Willem Strauss, genader om te help om dié sub-unie se Vodacombekerspan te versterk. Nie minder nie as 17 van Oostelikes se spelers is in die Limpopo Blou Bulle se Vodacombeker groep opgeneem. Hierdie spelers sal almal weer vir Oostelikes beskikbaar wees tydens die Carltonliga wat in April begin.
Tydens die Assupolbeker kompetisie, wat op 14 Februarie afskop, sal verlede jaar se tweedespan, wat in die tweedespan-finaal in die Carltonliga teen Fezelas verloor het, die kern van die klub se eerstespan vorm. Hul afrigter, Ludwiche von Deventer, sal hulle ook steeds bystaan.
Met die aanbreek van die Carltonliga sal die klub se bekende hoofafrigter, Jan Boot, weer die leisels oorneem en bygestaan word deur Von Deventer en die ervare Johan du Toit, wat voorheen betrokke was by die Curriebekerspanne van die Valke en Pumas.
Weens sy intensiewe betrokkenheid by die Blou Bulle Rugby-unie as vise-president, wat verhoog word met sy nuwe verantwoordelik in beheer van alle klubrugby-ontwikkeling, word Strauss nou die klub se president en hy word as voorsitter vervang deur Johnny Faurie. Faurie is ’n bewese rugbyman wat die Puma-premierliga-klub Ferrometals met sukses afgerig het en en ook op die bestuur van die Pumas gedien het.
Oostelikes Eagles het ook reeds begin oefen vir die nuwe seisoen by hul basis op die velde van Hoërskool Die Wilgers. Die klub kompeteer vanjaar met vier senior spanne, asook ’n o.21 en o.20 span aan die ligas deel.
Oefeninge vind plaas op Maandae, Dinsdae en Donderdae om 18:30.
Navrae: Johan Beukes by 079-247-0501.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button