Local sportSport

Baanbreker klubrugby toernooi by Tuine Sportklub

Die Tuine Sportklub sal op 21 en 28 Februarie ’n miernes van bedrywighede wees tydens die unieke FLYA rugbytoernooi vir Eersteliga- en Reserweliga klubs.

’n Opwindende rugbytoernooi waarin top kontantpryse op die spel gaan wees, word op 21 en 28 Februarie vir agt van die beste Eerste- en Reserweligaklubs in Pretoria aangebied.

Terwyl Carltonliga-spanne die geleentheid kry om aan vroeë-seisoen toernooie soos die Gemeenskapsbekerreeks en die Assupol Klubtoernooi deel te neem, het die besture van verskeie klubs in die Blou Bulle se onderste ligas besluit om hul eie toernooi te organiseer om spelers in die vroeë seisoen speeltyd te gee.

Met die hulp van verskeie borge, waaronder die sportklere maatskappy, FLYA, is die FLYA Uitkloptoernooi gebore.

Eersteliga klubs soos die Dragons, Brits, Korrektiewe Dienste en Noordelikes sal in dié toernooi meeding met Reserweligaklubs soos Cullinan, Transwerk Parke, Hartbeespoort Dam en Eersterus.

Al die wedstryde sal plaasvind by die Tuine Sportklub, tuiste van die Grizzlies op die hoek van Jennings en Ds. Krige strate in Daspoort.  Vollop te eet en te drink sal beskikbaar wees vir toeskouers in dié klub se eersteklas klubhuis.

Wedstryde begin op albei Saterdae om 13:00 en al die aksie sal ook deur middel van “Live Streaming” op die Internet uitgesaai word.

Vir meer inligting, besoek www.tuinesportklub.co.za of kontak Jaco Olivier by 073-179-5573.

Vir gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ons Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button