Local sportSport

Menlopark wen Jakaranda-interhoër

Die Hoërskool Menlopark het Vrydag die Jakaranda Interhoër (A-bond, Pretoria), wat op die Pilditch baan aangebied is, gewen.

Die Hoërskool Menlopark het verlede Vrydag die tyd met dekades teruggedraai en, soos in hul goue era in die tagtigerjare van die vorige eeu, weer die sogenaamde A-bond interhoër atletiekbyeenkoms vir Pretoria se top atletieksole gewen.

Dié byeenkoms staan deesdae ook bekend as die Jakaranda Interhoër.

Geoordeel aan die prestasies van atlete by dié byeenkoms lyk Suid-Afrika se atletiektoekoms besonder goed. Daar was verskeie prestasies wat meer as 900 punte op die bekende ABSA-skaal verdien het en een of twee atlete het selfs met prestasies van meer as 1000 punte vorendag gekom.

Menlopark het teen top skole soos die Afrikaans Hoër Seuns– en Meisiesskole, Waterkloof, Garsfontein, Centurion, Eldoraigne, Montana en Prestige College deelgeneem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button