Local sportSport

Polisie kwalifiseer vir Gemeenskapsbeker kwarteindrondte

Pretoria Polisie is deur na die kwarteindrondte van die Gemeenskapsbekerreeks, nadat hulle hul ligabepalings die afgelope Saterdag onoorwonne afgesluit het.

Pretoria Polisie het Saterdag in Johannesburg hul liga-verpligtinge in vanjaar se Gemeenskapsbekerreeks onoorwonne afgesluit toe hulle Raiders op hul tuisveld met 54-31 geklop het.

Met hierdie puik oorwinning het Polisie seker gemaak dat hulle kwalifiseer vir die uitspeelrondtes van dié toernooi, wat tydens die Paasnaweek in Rustenburg beslis sal word.

Polisie het sewe drieë gedruk, wat almal deur hul spog-losskakel, Dillon Laubcher, verdoel is. Raiders se telling weerspieël egter ook nie die wyse waarop hulle oorheers is nie, aangesien hulle in die laaste drie minute van die wedstryd twee keer gaan druk het. Teen daardie tyd het Polisie reeds genoeg gedoen om te wen en hulle fokus was waarskynlik nie meer was dit moes wees nie.

Die feit dat Polisie hul ligawedstryde onoorwonne afgesluit het, beteken ook dat hulle nie meer deur enige teenstander ingehaal kan word op die puntelys in die B-afdeling van hierdie toernooi nie en dat hulle dus eerste sal eindig in dié afdeling.

Raiders (Lions) en College Rovers (Sharks) sal nou sake moet uitveg om te bepaal wie die ander span in Afdeling-B is wat sal deurgaan na die uitspeelwedstryde.

Polisie het ook die voordeel dat hulle ’n ekstra week sal rus en dus genoeg tyd sal hê om voor te berei vir die laaste fase van die toernooi tydens die Paasnaweek.

Hoewel Old Selbornians (Grens) nog by die agterdeur kan inglip en tweede kan eindig in Afdeling-A, is die kanse goed dat die eerste twee plekke in dié afdeling eerskomende naweek bepaal sal word in die wedstryd tussen die verdedigende kampioen, Rustenburg Impala (Luiperds) en Durbanville-Bellville (WP). Die twee spanne ontmoet mekaar in die Kaap op laasgenoemde se tuisveld. Rustenburg Impala is die gunsteling om te wen en hulle is tans nog onoorwonne. As hulle wen en Durbanville-Bellville verhoed om ’n bonuspunt te kry, kan Old Selbornians nog tweede eindig indien hulle Springs (Valke) aan die Oos-Rand met ’n bonuspunt kan klop.

Polisie sal dus tot Saterdag moet wag om te weet wie van dié drie kandidate in Afdeling-A hul teenstanders sal wees in die kwarteindrondte van dié gesogte toernooi.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button