Nuwe stoeiklub in Centurion gestig
’n Nuwe Stoeiklub is onlangs in Centurion gestig en hulle het groot planne vir die toekoms.
Centurion het byna ’n kwartmiljoen inwoners, maar tans is daar slegs een stoeiklub in dié stad.
Om hierdie rede het ’n groep ouers, onder leiding van Rudi Greyson, besluit om ’n nuwe stoeiklub in Rooihuiskraal te stig.
Dié klub is gesetel in Maraboe Straat 100b (reg langs Uitsigweg) in Rooihuiskraal en die naam van die nuwe klub is die Eagles Stoeiklub. Greyson is ’n ervare stoeier en hy sal aanvanklik ook een van die klub se twee afrigters wees.
Die klub is reeds voorlopig geaffilieer by die Gauteng Noord Stoeivereniging.
Volgens Greyson wil hulle graag fokus op ouer-betrokkenheid en aan die klub ’n familie-atmosfeer gee. Op hierdie stadium fokus hulle op voorskoolse- en laerskoolkinders, maar beplan om die klub later uit te brei. Ervare stoeiers is egter welkom on aan te sluit.
Navrae: Rudi Greyson by 082-821-1522.
