Local sportSport

Arno Botha terug in Bulls 23-tal

Na ‘n paar wedstryde in die Vodacombekerspan om sy wedstrydfiksheid op te knap, is die Springbok losvoorspeler, Arno Botha, weer terug in die Bulls se groep vir Saterdag se SuperRugby wedstryd teen die Western Force.

Marcel van der Merwe en Dean Greyling begin Saterdag vir die eerste keer hierdie Super Rugby-seisoen ‘n wedstryd vir die Bulls nadat afrigter Frans Ludeke drie skuiwe in sy beginpak vir die wedstryd teen die Western Force op Loftus Versfeld gemaak het.

Van der Merwe en Greyling ruil beginspan-plekke met Trevor Nyakane en Mornè Mellett onderskeidelik, met die tweetal wat as plaasvervangers sal opdraf.

In nog so ‘n skuif gaan Grant Hattingh op slot uitdraf, met Victor Matfield wat bank toe skuif. Dit is ook Hattingh se eerste beginwedstryd.

Daar is twee nuwe gesigte op die plaasvervangerbank. Jaco Visagie vervang die beseerde Callie Visagie en kan sy debuut vir die Vodacom Bulls in die kompetisie maak sou hy speelkans kry.

Arno Botha is ook weer fiks en vervang Hanro Liebenberg. Die agterlyn is onveranderd.

“Ons het nou goed gerus en slaggereed om die momentum voort te sit wat die twee agtereenvolgende oorwinnings aan ons besorg het,” het Ludeke Donderdag by die aankondiging van die span gesê.

Hy het die versekering gegee dat die skuiwe deel is van die rotasie- en rusbeleid, hoewel al drie spelers ‘n kans verdien om te begin.

“Dit is lekker om Arno terug te sien, hy het goed gelyk in die Vodacombekerspan,” het Ludeke gesê.

Die kaptein van die Vodacom Bulls, Pierre Spies, het gemaan dat die manne van Perth nie ligtelik opgeneem kan word nie.

“Al ons vorige wedstryde teen hulle was bitter taai en die uitslae wys dit. Om een of ander rede is die punteverskil altyd bitter klein. Die verskil Saterdag vir ons sal wees om die groot oomblikke in die wedstryd reg te speel en enige aanvalsgeleenthede deurslaggewend te maak.”

Die span (met getal Super-wedstryde tussen hakkies) is: Jesse Kriel (5), Francois Hougaard (76), JJ Engelbrecht (53), Jan Serfontein (32), Bjorn Basson (75), Handrè Pollard (17), Rudy Paige (11), Pierre Spies (kaptein, 107), Lappies Labuschagne (31), Deon Stegmann (83), Grant Hattingh (38), Jacques du Plessis (19), Marcel van der Merwe (21), Adriaan Strauss (109), Dean Greyling (57).

Plaasvervangers: Jaco Visagie (0), Mornè Mellett (28), Trevor Nyakane (46),Victor Matfield (142), Arno Botha (23), Piet van Zyl (47), Tian Schoeman (1), Jurgen Visser (27).

 *****************************************

* Intussen het die afrigter van die Blou Bulle se Vodacombekerspan, Nollis Marais, ’n heel nuwe lostrio gekies vir sy span wat Vrydagmiddag op Ellispark teen die Leeus sal speel.

Die Bulle is tans, soos die Leeus, onoorwonne in die Vodacombekerreeks en Marais het gesê hulle verwag ’n groot stryd in Johannesburg. Hy het ook die wenkbroue laat lig deur die Bulls se derdekeuse vaskopstut, Hencus van Wyk, aan die loskopkant te kies.

Die Bloubul span is: Ganfried May, Travis Ismaiel, Marquit September, Warrick Gelant, Jamba Ulengo, Kobus Marais, Ivan van Zyl, Jacques Engelbrecht, Hanro Liebenberg, Chris Massyn, Marvin Orie (kaptein), RG Snyman, Basil Short, Arno van Wyk, Hencus van Wyk.

Plaasvervangers: Jan-Henning Campher, Du Toit Genis, Nicolaas Janse van Rensburg, Nardus van der Walt, Kefentse Mahlo, Kurt Webster, Jade Stighling.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button