Local sportSport

Bulls gelukkig om Western Force te klop

Die Bulls het hul derde agtereenvolgende oorwinning in vanjaar se SuperRugby toernooi behaal, maar hulle kan hul sterre dank dat hulle dié een nie teen alle verwagting in verloor het nie.

Die Bulls was baie gelukkig om Saterdagmiddag hul SuperRugby wedstryd teen die Western Force van Perth in Australië met 25-24 te wen, nadat Handré Pollard 30 sekondes voor die eindfluitjie die wenpunte met ’n strafdoel aangeteken het.

Hoewel die wedstryd op ’n nat veld gespeel is, nadat dit vroeër die middag swaar gereën het op Loftus Versfeld, was dit waarskynlik eerder die Bulls se loslootjie so vroeg in die seisoen wat hulle van hul momentum beroof het. Pierre Spies en sy manne het nie veel oorgehou van die momentum wat hulle teen die Sharks en die Cheetahs opgebou het nie.

Die oud Vrystater, Sias Ebersohn, het so byna die oorwinning vir die manne van Perth verseker toe hy vier minute voor die einde met ’n puik strafdoel van sowat 60 meter geslaag het. Dit het die Western Force met 24-22 laat voorloop, nadat hulle op daardie stadium reeds drie drieë teen die Bulls se een kon druk.

Gelukkig vir die Bulls het die Western Force se swak dissipline die laaste sê in sake gehad en dit was dié aspek wat Pollard in staat kon stel om die wenpunte aan te teken.

Vroeër in die wedstryd het Pollard die telbord aan die rol gehou met strafdoele, nadat die Western Force se manne ook herhaaldelik oortree het. Kort na rustyd moes Sam Wykes en sy makkers op ’n stadium selfs met net 13 manne oor die weg kom, nadat Tetera Faulknet (vaskopstut) en Adam Coleman (slot) gelyktydig in die koelkas met geelkaarte beland het.

Die Bulls kon egter nie werklik voordeel uit dié situasie trek nie, hoewel hulle wel hul enigste drie kort na die twee manne se vertrek gedruk het. Die res van dié tyd het die Western Force egter op die aanval geboer.

Die Bulls was gelukkig om hierdie wedstryd te wen en hulle sal baie beter moet doen as hulle volgende week weer aan die wenkant wil wees wanneer die Crusaders Loftus Versfeld besoek.

Puntemakers:

BULLS: 25. Drieë: Marcel van der Merwe. Doelskoppe: Handré Pollard (1). Strafdoele: Handré Pollard (6).

WESTERN FORCE: 24. Drieë: Adam Coleman, Sam Wykes Kyle Godwin. Doelskoppe: Luke Burton (2), Sias Ebersohn (1). Strafdoele: Sias Ebersohn (1).

 

Bulls: 15. Jesse Kriel, 14. Francois Hougaard, 13. JJ Engelbrecht, 12. Jan Serfontein, 11. Bjorn Basson, 10. Handrè Pollard, 9. Rudy Paige, 8. Pierre Spies (kaptein), 7. Lappies Labuschagne, 6. Deon Stegmann, 5. Grant Hattingh, 4. Jacques du Plessis, 3. Marcel van der Merwe, 2. Adriaan Strauss, 1. Dean Greyling.

Plaasvervangers: 16. Jaco Visagie, 17. Mornè Mellett, 18. Victor Matfield, 19. Arno Botha, 20. Piet van Zyl, 21. Tian Schoeman, 22. Jurgen Visser, 23. Trevor Nyakane.

 

Western Force: 15. Luke Morahan, 14. Marcel Brache, 13. Kyle Godwin, 12. Luke Burton, 11. Nick Cummins, 10. Sias Ebersohn, 9. Alby Mathewson, 8. Ben McCalman, 7. Kane Koteka, 6. Steve Mafi, 5. Adam Coleman, 4. Sam Wykes (kaptein), 3. Tetera Faulkner, 2. Nathan Charles, 1. Pekahou Cowan.
Plaasvervangers: 16. Heath Tessmann, 17. Chris Heiberg, 18. Oliver Hoskins/Guy Millar, 19. Wilhelm Steenkamp, 20. Angus Cottrell, 21. Ian Prior, 22. Zack Holmes, 23. Solomoni Jnr Rasolea.
 
Skeidsregter: Nick Briant (Nieu Seeland)
Assistant skeidsregter: Jason Jaftha, Pro Legoete.
TV skeidsregter: Shaun Veldsman.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button