Local sportSport

Atleet van Pretoria presteer in nuwe sportsoort

’n Bekende atleet van Pretoria is besig om groot naam te maak in ’n nuwe, gholfverwante, sportsoort.

Dit lyk of daar iets in Pretoria se water is wat plaaslike manne baie sterk maak in die skouers en voorarms, want Pretorianers hou aan om te presteer in die baie gewilde sport waarin daar gekompeteer word om ’n gholfbal die verste te slaan.

Verlede jaar is die Pretorianer, Erik van der Walt, as die Suid-Afrikaanse kampioen in dié sport gekroon en vanjaar was dit nóg ’n gebore Pretorianer wat die Suid-Afrikaanse nasionale span gehelp het om ’n span van Kanada kaf te draf in ’n amptelike kompetisie by die Wanderers in Johannesburg.

Donovan Snyman, ’n oud leerling van die Laerskool Stephanus Roos en Hoërskool Overkruin,  het die kompetisie gewen met ’n enorme afstand van 391 meter. Snyman was verlede jaar tweede in die nasionale kampioenskappe, nadat hy 18 maande gelede eers aan die sport begin deelneem het. Hy is ook ’n welbekende atleet wat nasionale kleure in duskus en gewigstoot behaal het.

Kort voor die kompetisie teen Kanada het dit swaar gereën in Johannesburg, wat die deelnemers belemmer het om hul beste afstande te kon slaan. Daarvan getuig die feit dat Snyman se persoonlke beste dryfhou met ’n gholfstok staan op ’n ongelooflike 415.1 meter.

Om alles te kroon het hy nog nooit enige professionele afrigting in dié snelgroeiende sport ontvang nie en hy oefen maar op sy eie tyd deur balle op ’n oefenbof te slaan. Hy het sy prestasie in Johannesburg behaal teen manne wat dié sport semi-professioneel beoefen en met spesiaal-ontwerpte geborgde stokke opgedaag het, terwyl hy oor net twee standaard drywers beskik.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button