Local sportSport

Byna helfte van klein atletiekklub se lede durf Twee Oseane aan

Byna die helfte van Pierre van Ryneveld atletiekklub se lede gaan vanjaar die Twee Oseane ultra marathon aandurf.

Die twee Oseane Ultra Marathon word dikwels beskryf as die wêreld se mooiste ultra marathon, waarskynlik vanweë die omgewing waarin dit aangebied word.

Ten spyte van onlangse probleme met brande het die aanbieders van die Twee Oseane reeds aangekondig dat die tradisionele roete wel vanjaar gevolg sal word wanneer atlete van regoor Suid-Afrika op Saterdag 4 April vir dié wedloop gaan aantree. Dit beteken dat deelnemers naby Nuweland sal wegspring en ’n byna ovaalvormige roete volg waarin hulle deur voorstede soos Kenilworth, Muizenberg verby Noordhoek en Vishoek en via Chapman’s Peak, Houtbaai en Constantia Nek hardloop, totdat die roete weer eindig op die rugbyveld van die Universiteit van Kaapstad op die Groote Schuur landgoed.

Hoewel die Pierre van Ryneveld Atletiekklub nie een van die grootstes in Pretoria is nie, het hulle vanjaar weer 21 lede wat aan die Twee Oseane ultra marathon gaan deelneem. Dis is byna die helfte van die klub se lede.

Sowat 13 van die klub se lede beplan ook om in Mei aan die Comrades marathon deel te neem.

Die klub glo dat hulle steeds baie dinamies kan wees, al is hulle klein. Hulle bied elke Dinsdagaand vanaf 17:45 tydtoets-wedlope aan, wat gedoen word vanaf die NG Kerk in Baltimorestraat, Pierre van Ryneveld.

Navrae: Janeane by 082-393-6775.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button