Local sportSport

Klofies se netbalfees gebruik unieke konsep

Hoewel reën die eerste dag van die Barloworld Klofie-Netbalfees vertraag het, kon die aksie later voortgaan en die Hoërskool Waterkloof se netbalbane was nog ’n miernes van bedrywighede tot Maandagmiddag.

Die agtste Barloworld Klofie-Netbalfees het verlede Donderdag effens laat begin, toe reën die toernooi op die eerste dag vertraag het.

Puik spanwerk het dit egter moontlik gemaak om die bane vinnig droog te kry toe die reën opklaar en die wedstryde kon voortgaan. Ten spyte van die toestande is daar uitstaande netbal gesien en die organiseerders kon daarin slaag om tyd in te haal op die program, deur die oggend se wedstryde effens te verkort.

Die aksie het die afgelope naweek en ook Maandag voortgeduur. Puik netbal is opgedis deur die meer as 114 spanne van 37 skole wat deur sowat 1 118 netbalspelers verteenwoordig is. Die reaksie van die besture van spanne, wat vanoor die hele land en ook uit Namibië opgeruk het vir die toernoi, was baie postief. Die konsep van die toernooi, waarvolgens daar geen algehele wenners aangewys word nie, het byval gevind by al die deelnemers.

Die meeste deelnemers glo dat hierdie toernooi die ideale geleentheid is om hul spanne te slyp vir die seisoen wat voorlê, terwyl hulle op ’n krag-teen-krag basis die kans kry om behoorlik getoets te word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button