Local sportSport

Geleenthede vir aspirant rugby-afrigters

Na die reorganisasie van die Blou Bulle se Afrigtingsvereniging sal daar binnekort verskeie geleenthede wees vir voornemende afrigters om hul eerste sertifikate te verkry.

Rugby is loshande een van die gewildste sportsoorte in Suid-Afrika en besonder baie liefhebbers en kenners van die sport wil graag daarby betrokke raak, maar weet nie altyd hoe nie.

Ná die herstrukturering van die Blou Bulle Rugby-unie het die Afrigtingsvereniging ook nuwe lewe gekry en daar word nou weer meer nuwe geleenthede geskep vir die opleiding van afrigters wat graag betrokke wil raak.

Onder die leiding van Hennie van Vuuren, die Blou Bulle Rugby-unie se nuwe bestuurder vir afrigting en opleiding, word die behoefte na die opleiding van afrigters vanjaar weer aangespreek. Daar is ’n besondere groot behoefte na opgeleide afrigters by skole en klubs, maar die geleenthede het in die verlede ontbreek om genoeg afrigters toe te rus met die kennis en vaardighede om amptelik betrokke te kon raak.

Enige afrigter wat by skole- of klubrugby betrokke wil raak sal aan ’n minimum vereiste moet voldoen, wat die voltooiing van ’n IRB Vlak-een afrigtingskursus en ’n Boksmart-sertifikaat insluit. Onder leiding van Van Vuuren sal daar vanjaar verskeie geleenthede gebied word vir die opleiding van nuwe afrigters. Enigiemand is welkom om in te skryf en die eerste geleentheid vir beginners om die IRB Vlak-een kursus te voltooi is reeds op Saterdag 18 April vanjaar. Daarna sal daar ook in Mei, Julie, Augustus, September en Oktober kursusse aangebied word.

Die Blou Bulle se Afrigtersvereniging sal voornemende afrigters ook kan help om by skole en klubs betrokke te raak sodra hulle die kursusse voltooi het.

Nravrae: Hennie van Vuuren by 012-420-0779 of henniev@bluebull.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button