Local sportSport

Downsindroom atlete oefen hard vir atletiekseisoen

Nuwe deure het onlangs oopgegaan vir atlete met Downsindroom toe hulle deel kon word van die South African Sports Association for the Intellectually Impaired.

Watter ouer kan nie identifiseer met die warm gevoel in die hart as jou kind deelneem aan sport en dit ooglopend geniet nie?

Hierdie voorreg was ’n groep ouers van Pretoria van jong mense met Downsindroom, wat insluitende onderwys gekies het, in die verlede nie beskore nie. Om ingesluit te word in die hoofstroom van onderwys was fantasties vir hul kinders se akademiese en holistiese ontwikkeling, maar deelname aan hoofstroom sport het tot dusver vir die meerderheid jong mense met Downsindroom net mislukking beteken.

Daarom was dit vir hierdie ouers ’n droom wat waar geword het toe hul kinders die kans gegun is om deel te word van die South African Sports Association for the Intellectually Impaired (SASA-II).

SASA-II bied sportbyeenkomste op provinsiale, nasionale en internasionale vlak aan. Hierdie groep atlete van die Downsindroom Vereniging Pretoria is nou volstoom aan die gang om voor te berei vir die komende atletiekseisoen.

By ’n onlangse oefening by Laerskool Elarduspark het dié kinders, elkeen op sy unieke manier, met entoesiasme en erns die spreekwoordelike atletiek-bul by die horings gepak. Die ouers het breëbors toegekyk en nou en dan, tussen die lag deur, ’n traantje gepik.

Ervaring het hierdie ouers geleer dat hulle nie persone met Downsindroom moet onderskat nie. As daar vir hulle geleenthede geskep word en die nodige ondersteuning gegee word, verras hulle elke keer.

SASA-II bied vanaf 21 tot 27 November vanjaar die wêreldkampioenskap vir mense met Downsindroom in Bloemfontein aan. Die Downsindroom Vereniging Pretoria doen ’n beroep op die publiek se hulp om vir meer atlete met Downsindroom wat belang stel, sport deure oop te maak.

Navrae: Magda by 082-789-2584 vir meer inligting of om betrokke te raak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button