Local sportSport

Engelse kaptein (Cook) kook ook met kolf in Centurion

Byna driehonderd lopies en meer as ’n handvol paaltjies was alles deel van die aksie wat Saterdag op die tweede dag van die vierde toets tussen die Proteas en Engeland voor sowat 11489 toeskouers op SuperSport Park afgespeel het.

Hoewel Suid-Afrika aan die einde van die tweede dag se spel in die vierde kriekettoets teen Engeland op SuperSport Park in Centurion tevrede kan voel met hul posisie, is enigiets nog moontlik in hierdie wedstryd.

Danksy ’n hardnekkige beurt van Engeland se openingskolwer en kaptein, Alastair Cook (67*), kan die besoekers self nog die bordjies verhang ná ’n goeie begin deur die Proteas. Cook het, soos sy Suid-Afrikaanse vangenoot, Stephen Cook, die ankerrol gespeel in Engeland se terugvegpoging, nadat hulle kort voor teetyd begin kolf het.

Byna 11500 toeskouers het Saterdag rondom die krieketveld van SuperSport Park saamgepak en in sonnige weer krieket van uitstaande gehalte aanskou. Danksy die goeie weer was hulle bevoorreg om ’n volle dag se spel te sien.

Die eerste twee sessies van die dag het aan die Proteas behoort. Eers het Quinton de Kock met ’n onoorwonne 129 lopies ’n skitterende vertoning met die kolf gelewer en daardeur die Suid-Afrikaners gehelp om ’n eerstebeurt totaal van 475 aan te teken. De Kock en sy vennote het dus 146 lopies by Suid-Afrika se oornag-totaal van dag een gevoeg.

Daarna het Kagiso Rabada vroeg toegeslaan toe hy in Engeland se sesde boulbeurt van Alex Hales (15 – gevang deur Dane Piedt) ontslae geraak het.

Radaba was ook vir die Engelse se tweede paaltjie verantwoordelik toe hy Nick Compton in die 24ste boulbeurt been-voor-paaltjie betrap het.

Joe Root (31*) het hom daarna by Cook aangesluit en die twee kolwers het die Suid-Afrikaanse boulers gefrustreer tot aan die einde van die dag se spel. Hulle sal Sondagoggend om 10:30 kom voortkolf met hul telling op 138/2.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button