Local sportSchool sportSport

A-bond interhoër lewer atletiek van internasionale standaard

Pretoria se top atletiekskole het Vrydag op die Pilditch baan puik prestasies gelewer by die A-bond interhoër byeenkoms.

Van die beste skole-atletiek wat op enige plek in Suid-Afrika gesien kan word, het Vrydag op die Pilditch stadion in Pretoria plaasgevind tydens die A-bond interhoër vir plaaslike skole.

Verskeie prestasies wat op die byeenkoms gelewer is, was goed genoeg om die betrokke atlete te kan vergelyk met die beste juniors in die wêreld.

Die byeenkoms is aangebied deur Prestige College, ’n top privaatskool van Hammanskraal wat oor ’n besonder sterk atletiekspan beskik. Ander deelnemende skole was Afrikaans Hoër Seunsskool, Afrikaans Hoër Meisieskool, Hoërskool Eldoraigne, Hoërskool Garsfontein, Hoërskool Menlopark, Hoërskool Montana, Hoërskool Waterkloof en Hoërskool Zwartkop.

Verskeie van Pretoria se beste jeugatlete was in aksie by hierdie byeenkoms en daarom was dit geen verrassing dat die rekords sommer vroeg reeds begin spat het nie. Name soos Ruben Els (Affies, naellope), Thembo Monareng (Garsfontein, naellope), Burger Lamprechts (Garsfontein, gewigstoot/diskus), Taylon Bieldt (Montana, naellope), Theuns Ehlers (Eldoraigne, naellope en 800m), en Madia Ehlers (Waterkloof, naellope) is in atletiekkringe in Pretoria reeds bekend.

Die byeenkoms is in warm bedompige weer aangebied en dit het vroeg reeds gelyk of die A-bond skole, net soos die B-bond skole ’n dag tevore, deur ’n donderstorm verras sou word. Teen 15:00, met die grootste deel van die program reeds afgehandel, was dit swaar bewolk, maar die reën het steeds weggebly.

Meer oor die uitslae, wenners en top prestasies volg later.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button