Local sportSchool sportSport

Menlopark wen A-bond interhoër op Pilditch

Pretoria se top atletiekskole het Vrydag op die Pilditch baan puik prestasies gelewer by die A-bond interhoër byeenkoms.

Van die beste skole-atletiek wat op enige plek in Suid-Afrika gesien kan word, het Vrydag op die Pilditch stadion in Pretoria plaasgevind tydens die A-bond interhoër vir plaaslike skole.

Verskeie prestasies wat op die byeenkoms gelewer is, was goed genoeg om die betrokke atlete te kan vergelyk met die beste juniors in die wêreld.

Die byeenkoms is aangebied deur Prestige College, ’n top privaatskool van Hammanskraal wat oor ’n besonder sterk atletiekspan beskik. Ander deelnemende skole was Afrikaans Hoër Seunsskool, Afrikaans Hoër Meisieskool, Hoërskool Eldoraigne, Hoërskool Garsfontein, Hoërskool Menlopark, Hoërskool Montana, Hoërskool Waterkloof en Hoërskool Zwartkop.

Verskeie van Pretoria se beste jeugatlete was in aksie by hierdie byeenkoms en daarom was dit geen verrassing dat die rekords sommer vroeg reeds begin spat het nie. Name soos Ruben Els (Affies, naellope), Thembo Monareng (Garsfontein, naellope), Burger Lamprechts (Garsfontein, gewigstoot/diskus), Taylon Bieldt (Montana, naellope), George Kusche (Affies, middelafstande), Theuns Ehlers (Eldoraigne, naellope en 800m), en Madia Ehlers (Waterkloof, naellope) is in atletiekkringe in Pretoria reeds bekend en nie een van hulle het op die byeenkoms teleurgestel nie.

Die stryd tussen George Kusche en Theuns Ehlers in die 800m vir seuns o.19 was iets wat atletiekpuriste sou laat kwyl. Dit was ’n wêreldklas vertoning vir junior atlete en albei (Kusche 1:49.75s en Ehlers 1:50.4s), asook Henry Kelbrick van Affies wat derde was, het die byeenkomsrekord verpletter.

Monareng se tyd in die 100m vir seuns o.17 (10.57) was ook wêreldklas. Hy het die SA skole rekord met 0.07s misgeloop.

Lampbrechts het ook sy gebruiklike byeenkomsrekord laat spat in die gewigstoot vir seuns o.19 (17,95m), terwyl hy ook die diskus item gewen het.

Onder die dogters het Bieldt nie teleurgestel nie en drie items (100m hekkies, 400m hekkies en 200m naelloop) gewen.  Simonay Weitz van Zwartkop se vertoning in die 800m vir dogters o.17 het ook die toeskouers op die punte van hul stoele gehad. Haar tyd van 2:12.81s het ook vir ’n nuwe rekord gesorg.

Afrikaans Hoër Seunskool het uiteindelik die seuns-afdeling op die interhoër gewen, terwyl Afrikaans Hoër Meisieskool in die afdeling vir dogters baas was. Menlopark het die algehele afdeling gewen, gevolg deur Prestige College, terwyl Garsfontein in die derde plek was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button