Local sportSchool sportSport

Hoërskool Montana kry eie Astro hokkiebaan

Die Hoërskool Montana het die nuutste skool in Pretoria geword om hul eie Astro hokkiebaan in gebruik te neem.

Die Hoërskool Montana het verlede week die eerste skool noord van Kerkstraat in Pretoria geword om hul eie Astro hokkiebaan in gebruik te neem.

Al hoe meer skole belê deesdae in hierdie moderne tegnologie en dit is algemeen bekend dat hokkiespelers op skolevlak deesdae ’n agterstand het bo die res as hulle nie in staat is om op een van hierdie bane met ’n kunsmatige oppervlak te kan speel of oefen nie.

Montana se hele hokkie-gemeenskap, asook die personeel en beheerliggaam van die skool het almal hande gevat en saam beplan en fondse ingesamel om dié droom van ’n eie Astro hokkiebaan vir die skool te bewaarheid. Teen die middel van 2015 is die finale besluit geneem om die baan te bou en ’n jaar later, op Vrydag 13 Mei 2016, kon dié spog fasiliteit amptelik in gebruik geneem word.

Montana se dogters eerstespan het die voorreg gehad om die skool se Astro Hokkiebaan te open deur die eerste amptelike wedstryd daarop teen Hoërskool Zwartkop te speel. Foto: Koos Venter
Montana se dogters eerstespan het die voorreg gehad om die skool se Astro Hokkiebaan te open deur die eerste amptelike wedstryd daarop teen Hoërskool Zwartkop te speel.
Foto: Koos Venter

Die openingseremonie is waargeneem deur die skoolhoof, Sakkie Jacobs. Hy het eers ’n seremoniële lint langs die baan geknip om ’n groot klomp balonne in die amptelike kleure van die skool vry te laat. Hierna het hy alle betrokkenes bedank wat gehelp het om die skool se droom van ’n eie Astro hokkiebaan te verwesenlik.

Na ’n kort toespraak deur die hoof het die eerste amptelike wedstryd op die baan plaasgevind toe Montana se dogters eerstespan ’n ligawedstryd teen die Hoërskool Zwartkop van Centurion gespeel het.

Na hierdie wedstryd het ander spanne ook die geleentheid gekry om die gevoel te kry van dié kunsmatige oppervlak. Daar was selfs wedstryde waar oudskoliere van Montana betrokke was, asook vertoonwedstryde deur spanne van omliggende laerskole.

Montana het vanjaar baie goed gedoen by die byeenkoms van die atletiek A-bond vir skole in Pretoria, terwyl hulle in wintersport ook deesdae onder die Makro-skole tel.  Die aanwins van hierdie hokkiefasiliteit sal beslis kan bydra dat dié skool se leiersrol op die sportveld verder uitgebou kan word.

Die hokkie-fees is met ’n amptelike onthaal afgesluit.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram.

  • We have exciting news! We’re offering a free alert to help you always be in the loop. Send an email with the word ‘Subscribe’ to breakingnews@rekord.co.za to receive your free daily breaking news update.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button