Local sportSchool sportSport

Garsies, Klofies albei in halfeindstryd van Beeldtrofee

Twee van Pretoria se Makro skole het deurgedring na die halfeindstryd in die VirSeker Beeldtrofee toernooi.

Die Hoërskole Garsfontein en Waterkloof se eerste rugbyspanne het die afgelope naweek seker gemaak dat hulle albei deurdring na die halfeindstryde van die VirSeker Beeldtrofee kompetisie vir Makro skole.

* Garsfontein, wat ook die verdedigende kampioen in die liga vir Makroskole is, het met groot gemak met Hoërskool Rustenburg afgereken. Hoewel die Garsies moes reis en in Rustenburg gespeel het, het hulle nie veel moeite ondervind om die seuns van Noordwes te troef nie, soos die eindtelling van 46-16 bewys. Om alles te kroon moes hulle boonop sonder vyf van hul sterre klaarkom. Dié manne is almal betrokke by die SA Skole- en SA Akademiespanne.

Garsfontein het ses drieë gedruk en hul teenstanders behoorlik oorheers. Die Bere het eerskomende naweek egter ‘n moeilike taak, want hulle moet die omgekrapte span van Monument van Krugersdorp in die halfeindstryd aanvat.

* Die wedstryd tussen Waterkloof en HTS Middelburg was een van die opwindendste skolewedstryde tot dusver in vanjaar se reeks.

Die voorsprong het verskeie kere deur die loop van die wedstryd verander en daar is altesaam 12 drieë gedruk. Hiervan het Waterkloof sewe gedruk, wat hulle uiteindelik waardige en welverdiende wenners gemaak het.

Maklik was dit egter nie. Die wendrie is gedruk met een minuut speeltyd oor, nadat die seuns uit Mpumalanga twee minute tevore die voortou geneem het met ’n drie van hul eie.

Waterkloof se samespel was baie goed en hulle het veral agterlangs goed verdedig. Dis duidelik dat daar hard met hierdie span gewerk is, nadat hulle vroeër vanjaar gesukkel het. Na hierdie vertoning kan hulle met selfvertroue na die halfeindstryd teen Dr. EG Jansen van Boksburg uitsien.

* Hoërskool Die Wilgers het intussen ook na die halfeindrondte van die Vir Seker Beeldtrofee se afdeling vir Medium Skole deurgedring. Hulle het Fochville die afgelope naweek in die kwarteindrondte met 23014 geklop.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button