Local sportSport

Stywe lyne vir gestremde hengelaars

Die welsynsorganisasie Ramcat se jaarlikse hengelkompetisie vir gestremdes is vanjaar weer met sukses in Centurion aangebied.

Die son het gebak, die kos was uit die boonste rake en die vis was boonop nie skaam om die hengelaars se hoeke te vat nie.

Al hierdie faktore het weer van Ramcat se jaarlikse hengelkompetisie vir gestremde persone ’n groot sukses gemaak.

Dié kompetisie, wat jaarliks by die Irene Country Lodge in Centurion aangebied word, groei volgens die hoof organiseerder, Gerard Smal, elke jaar. Dit het ’n paar jaar gelede begin as ’n manier om aan manne wat in die voormalige Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) beseer is en in die uitvoer van hul pligte gestremd geraak het, ’n geleentheid te bied om saam te kuier en vir ’n dag lank langs die viswaters bederf te word. Later het dit uitgebrei en Smal en sy mede organiseerders het ook ’n paar rugbyspelers genooi wat weens beserings in dié sport in rolstoele beland het.

Deesdae is alle gestremde persone welkom om die dag saam te kuier en vanjaar het Smal-hulle selfs ’n paar skoliere van die Trans Oranje Skool vir Dowes by die kompetisie verwelkom. Hulle is almal touwys gemaak deur die kampioen hengelaar, Hennie Moller van die Centurion Hengelklub. Moller hou verskeie lynklas wêreldrekords vir die grootste barbers wat ooit uitgetrek is. Hy het die kinders van Trans Oranje touwys gemaak oor die korrekte manier om die viswater te benader. Dit sluit in tegniese aspekte soos hoe om die regte knope te maak, asook raad oor die regte aas en hoe om ’n lyn in die water te gooi.

Die doofstom kinders het hierdie uitstappie terdeë geniet en verskeie van hulle was dit eens dat hulle terug wil kom viswaters toe om hul nuwe vaardigehde te toets.

Volgens Smal is daar deelnemers wat jaarliks terugkom en groot vriendskappe is al oor die afgelope paar jaar gesmee. Daar is ook jaarliks nuwelinge en vanjaar het die weer oor saamgespeel om die dag baie spesiaal te maak.  Met Rekord se besoek was Wilma McDonald die voorloper met die swaarste vis. McDonald, wie se hande gestrem is, moes deur helpers bygestaan word toe sy voor die kamera wou spog met die baber wat sy gevang het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button