Local sportSport

Klofies spog met splinternuwe Astro hokkiebaan

Die Hoërskool Waterkloof se nuwe Astro hokkiebaan is verlede week met ’n spoggerige seremonie én met aksie op die baan geopen.

Die Hoërskool Waterkloof se spoggerige nuwe Astro hokkiebaan is verlede week amptelik in gebruik geneem.

Volgens Daan Potgieter, hoof van Waterkloof, is dié fasiliteit die resultaat van groot drome wat gerealiseer het deur harde werk en die offervaardigheid van die skool se deelnemende ouergemeenskap.

Potgieter het die baan opgedra aan elke hokkiespeler en afrigter van die skool wat sedert 1981, toe dié skool amptelik aan hierdie sport begin deelneem het, hul sweet in die kleure van Waterkloof geoffer het. “Waterkloof het daardie jaar vier spanne in die D-liga van Pretoria ingeskryf. En kyk waar staan ons nou,” het Potgieter gesê.

Volgens Potgieter is die droom van ’n sintetiese Astro baan die afgelope dekade reeds aktief nagajaag en hy het ook hulde gebring aan die groep hokkiespelers en onderwysers wat ’n paar jaar gelede met ’n fondsinsamelingsprojek begin het deur ’n bal met een stok in ’n dribbel-aflos vanaf Musina tot in Pretoria geslaan het.  Konstruksie van die baan het verlede jaar amptelik begin.

“My wens is dat dié wêreldklas fasiliteit ’n bewys sal bly van die krag van eenheid, dat dit ’n instrument sal word waarmee die Klofies kan uitstyg en presteer en dat dit genot en vreugde sal bring vir elkeen wat dit gebruik.” Met dié woorde het Potgieter die amptelike opening afgesluit.

Hierna is dieselfde stok en bal wat in die dribbel-marathon vanaf Musina gebruik is, aan Herman Naudé, voorsitter van die hokkiekomitee en een van die leiers in die realisering van die projek om die fasiliteit te bou, oorhandig. Hy het ’n seremoniële doel daarmee geslaan om die baan in gebruik te neem.

’n Seremoniële lint is ook gesamentlik deur Potgieter en Chris Janse van Vuuren, voorsitter van die skool se beheerraad, geknip.

Vir Waterkloof se hokkiespelers het die hoogtepunt van die dag daarna gevolg, toe die skool se eerste hokkiespanne (seuns en dogters) in twee gemengde spanne opgedeel is om in ’n wedstryd teen mekaar te speel. Drie doele is in dié wedstryd van 20 minute aangeteken en die spelers het hulself terdeë uitgeleef op die skool se splinternuwe Astro hokkiebaan.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button