Local sportSport

Tuks vroue sewesrugbyspan maak weer naam in Dubai

Tukkies se vroue sewesrugby span het onlangs in Dubai weer hul man gestaan teen internasionale teenstand.

Die nuwe internasionale sewesrugby seisoen het verlede week begin met die Dubai 7’s toernooi en Tukkies se vroue sewesrugby span was weer die enigste klubspan wat genooi is om deel te neem.

Die span het oudergewoonte teen internasionale teenstand gespeel. Dit bring hul prestasie in perspektief, nadat hulle tot in die eindstryd van die plaatkompetisie gevorder het.

In die eerste ligafase van die toernooi het hulle twee keer verloor, maar ook daarin geslaag om die nasionale spanne van Uganda (26-0) en Finland (26-10) te klop. Die spanne teen wie hulle verloor het is albei nasionale ontwikkelingspanne uit Engeland (7-29) en Frankryk (12-26) waar professionele vrouerugby lankal gevestig is.

Ten spyte van die twee nederlae het die Tuks span deurgeskraap na die kwarteindrondte van die beker-afdeling, waar hulle 0-24 teen die Tribe span verloor het. Dié span uit Australië word deur ’n privaat inisiatief bestuur, maar maak hoofsaaklik van internasionale spelers gebruik en speel in al die groot toernooie van die wêreldreeks.

Hierna het die span van Tuks direk deurgedring van die halfeindrondte van die plaatkompetisie, waar hulle die nasionale ontwikkelingspan van Ierland met 17-0 geklop het.

In die eindstryd van die plaatkompetise het hulle teen die nasionale span van Frankryk gespeel. Dié span was net te sterk en Tuks se vroue moes met 7-35 die aftog blaas.

Volgens die afrigter van die Tuks span, Riaan van der Merwe, was die Blou Bulle se vroue sewesrugbyspeler van die jaar, Libbie Janse van Rensburg, weer goud werd vir sy span. Behalwe dat sy vyf drieë gedruk het, het sy ook verskeie doelskoppe behaal.

Marie Menanteau was kort op Janse van Rensburg se hakke met vier drieë, terwyl Nolwazi Hlabangane volgens Van der Merwe die span se beste voorspeler was.

Dié span van Tukkies wen steeds die guns van sewesrugby beamptes oor die wêreld heen en hulle is reeds genooi om volgende jaar in Maart aan die toernooi in Las Vegas deel te neem. In Mei vlieg hulle Frankryk toe vir twee toernooie. Eers is dit die Centrale 7’s in Parys, waarna hulle ’n week later aan die Stanislas 7’s toernooi sal deelneem. Dié toernooi vind in Nancy in die Noord-Ooste van Frankryk naby die Duiste grens plaas.

Hulle het ook reeds uitnodigings ontvang na die Central Coast 7’s in Australië in Oktober volgende jaar, terwyl die organiseerders van die Dubai toernooi reeds bevestig het dat hulle volgede jaar weer genooi sal word.

Van der Merwe sê weens die feit dat so baie van sy spelers deur die Springbokspan opgeroep word, is nuwe belangstellendes altyd welkom om by Tuks se vroue aan te sluit. Hulle begin weer op 8 Januarie oefen. Belangstellendes kan Van der Merwe skakel by 083-310-3972.

 

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord onFacebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button