Local sportSport

Plaaslike spanne oorheers interprovinsiale sagtebal kampioenskap

Die uitslae van die interprovinsiale sagtebal toernooi wat verlede week in Rietondale aangebied is, wys weer dat die krag van junior sagtebal in Suid-Afrika in Pretoria gesetel is.

Die jaarlikse interprovinsiale sagtebal kampioenskap vir junior spanne is verlede week in die Crafford stadion in Rietondale aangebied en spanne van Pretoria het dié toernooi oorheers.

Vyf plaaslike spanne het as kampioene in hul ouderdomsgroep uit die stryd getree, terwyl daar gevalle was waar Tshwane se B- en C-spanne ook te goed was vir die ander provinsies se top spanne. In die geval van dogters o.15 het Tshwane se A-, B- en C-spanne die eerste drie plekke ingeneem.

Spanne van so ver as Kwazulu-Natal, asook Noordwes en Ekhuruleni aan die Oos-Rand het in die Moot van Pretoria by die Crafford stadion saamegetrek vir hierdie toernooi. Noordwes se spanne het deelgeneem onder die naam Kwena.

Die krag van sagtebal in Pretoria is weer bewys met die vertoning van plaaslike spanne. Slegs in een ouderdomsgroep onder die seuns (o.17) kon die Tshwane span nie daarin slag om eerste te eindig nie.

Die volledige uitslae lyk soos volg:

  • Dogters 17:Kampioene Tshwane A, Tweede: Kwena A, Derde: Tshwane C.
  • Seuns 17:Kampioene Kwena A, Tweede: KZN A, Derde: Tshwane A.
  • Dogters 15:Kampioene Tshwane A, Tweede: Tshwane B, Derde: Tshwane C.
  • Seuns 15: KampioeneTshwane A, Tweede: KZN A, Derde: KZN B.
  • Dogters 13:Kampioene Thswane A, Tweede: Kwena A, Derde: Tshwane B.
  • Seuns 13:Kampioene Tshwane A, Tweede: Tshwane B, Derde: Kwena A.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button