Local sportSchool sportSport

Oos-Moot wys hulle is gereed vir A-bond interhoër

Die Hoërskool Oos-Moot het verlede week gasheer gespeel vir sewe ander skole uit Pretoria en Limpopo tydens hul Valentynsbyeenkoms, wat puik atletiekprestasies opgelewer het.

Die Hoërskool Oos-Moot se Valentynsbyeenkoms het verlede week op die skool se atletiekbaan plaasgevind.

Oos-Moot het tydens hierdie byeenkoms gasheer gespeel vir skole soos Hoërskool Akasia, Hoërskool Centurion, Hoërskool FH Odendaal en Sutherland High School uit Pretoria, terwyl Hoërskool Pietersburg, Hoërskool Hans Strijdom en Hoërskool Piet Potgieter uit die Limpopo provinsie gereis het om deel te wees van die aksie.

Verskeie puik prestasies is by hierdie byeenkoms gelewer en dit was duidelik dat die atlete besig is om hul beste vorm te bereik met die interhoër-byeekomste wat eersdaags sal plaasvind. Veral die tuisskool se atlete het gewys dat hulle gereed is vir die uitdaging om vanjaar by die A-bond interhoër teen die groot name te kompeteer.

Die sterre van die dag was ongetwyfeld weer ’n paar meisie-atlete van Oos-Moot.

Febe Wessels van Oos-Moot het die beste prestasie van die dag gelewer in die diskus vir meisies o14. Haar nuwe rekord afstand van 37,18m was 1178 punte op die bekende ABSA tabel werd. Sy het egter teenstand gekry van haar spanmaat, Ruzel Geldenhuys, wat ook die ou rekord verbeter het met haar 35,51m, wat 1086 punte werd was op die ABSA tabel.

Geldenhuys het ook in die spiesgooi 1012 punte verdien met haar poging van 35,71m.

Danae Janse van Rensburg van Oos-Moot het voortgebou op haar vorige vertonings vanjaar deur beide die gewigstoot en die spiesgooi vir dogters o.16 maklike te wen. Haar rekordpoging van 14,80 in die gewigstoot was 1138 ABSA punte werd, terwyl sy ook 1129 punte verdien het met haar poging van 46,74m waarmee sy die spiesgooi item gewen het.

Mogaka Masemene van Piet Potgieter se tyd van 10,63 sek (op ’n grasbaan) in die 100m moet ook gemeld word. Hy het 1008 ABSA punte daarmee verdien.

Nog ’n naelloper wat besonders presteer het was Arina van der Merwe van Centurion, wat die 100m vir meisies o.19 in 11.74 sek gewen het. Dit was 945 ABSA punte werd.

Emile Bester van Oos-Moot se tyd van 10,76 sek in die 100m vir seuns o.19 het ook uitgestaan.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button