Local sportSport

Menlo-swemmer wen medaljes vir Afrika

’n Hoërskoolseun van Pretoria het vyf medaljes gewen by die onlangse Junior Afrika swemkampioenskap in Egipte.

Bernard Becker, graad 10 leerling van Die Hoërskool Menlopark, het onlangs met vyf medaljes teruggekeer vanaf die junior Afrika swemkampioenskap in Egipte.

Becker was deel van die junior Suid-Afrikaanse span wat in Kairo teen die kontinent se beste junior swemmers gekompeteer het.

Volgens Becker was die fasiliteite in Egipte eersteklas en die mededinging was straf. Suid-Afrika en die gasheerland, Egipte, het egter die byeenkoms oorheers, terwyl lande soos Tunesië en Algerië ook goed presteer het.

Becker was een van die sterre in die Suid-Afrikaanse span en hy het twee goue en drie bronsmedaljes gewen.

Die twee goue medaljes het hy saam met sy spanmaats in die 4x100m gemengde vryslag aflos en die 4x100m wisselslag aflos vir seuns verower. Hy en sy spanmaats het ook brons gewen in die 4x100m vryslag aflos, terwyl hy ’n verdere twee bronsmedaljes gewen het in die 100m vryslag en die 50m vlinderslag.

Volgens Becker was hierdie byeenkoms ’n wonderlike belewenis. Veral die feit dat hy vyf keer op die podium kon staan as die volkslied gespeel is, terwyl die Suid-Afrikaanse vlag gehys word, sal hom lank bybly.

Becker is ook trots op die feit dat hy nasionale kleure ontvang het vir sy deelname aan die byeenkoms. Hy word afgerig deur die voormalige Olimpiese swemmer, Gerhard Zandberg.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button