Local sportSport

Plaaslike junior tennisspelers wen verskeie nasionale titels

Die Gauteng-Noord span het ses titels verower by die onlangse Suid-Afrikaanse nasionale junior tenniskampioenskappe in Bloemfontein.

Die Suid-Afrikaanse nasionale junior tenniskampioenskappe is verlede week in Bloemfontein afgehandel en plaaslike spelers het hulself goed van hul taak gekwyt.

Deelnemers van Gauteng Noord het drie enkelspel titels en drie dubbelspel titels verower, terwyl nog ’n plaaslike speler in die eindstryd vir seuns o.18 gespeel het.

Hierdie keer was dit die meisies van Pretoria wat beter as die seuns gevaar het in die enkelspel wedstryde. In die dubbelspel het die seuns weer twee titels verower, terwyl een plaaslike meisie in die afdeling vir o.18’s die pyp kon rook sam met haar vennoot van die Westelike Provinsie.

Nadia Gouws was die eerste plaaslike speler wat ’n titel kon inpalm toe sy Leila Nel van die Oostelike Provinsie in die eindstryd vir meisies o.12 maklik met 6-1; 6-1 geklop het.

Gabriëlla Broedfoot het daarna in Gouws se voetspore gevolg deur Christene Kruger van die Vrystaat in die eindstryd vir meisies o.14 met 6-1; 6-3 ore aan te sit.

Die enigste seun van Pretoria wat ’n enkelspel titel kon wen was Devin Badenhorst. Hy het in die eindtryd van die afdeling vir seuns o.14 met Daniël Wessels van die Gauteng-Oos met 6-1; 6-1 kafgedraf.

Lleyten Cronjé van Gauteng-Noord het wel die eindstryd vir seuns o.18 gehaal, maar hy moes daar die knie buig teen Phillip Henning van die Vrystaat. Die telling was 6-2; 6-1 in Henning se guns.

Badenhorst het sy tweede titel (o.14) by die kampioenskap ingepalm toe hy en nog ’n plaaslike speler, Connor Kruger, vir Carl Roothman van Boland en Andreas Scoot van Gauteng Sentraal met 6-4; 5-7; 10-5 geklop het.

Cronjé kon in die dubbelspel saam met sy plaaslike vennoot, Justin Liebenberg, wraak neem teen Henning. Cronjé en Liebenberg het Henning en sy mede Vrystater, Liam Coertzen, met 7-5; 7-6 in die dubbelspel eindstryd vir seuns o.18 verslaan.

In die eindstryd vir meisies o.18 het Bianca Koen van Pretoria en Lize-Alet Morkel van die Wes-Kaap in skoonsstelle met Maxine Bateman en Megan Lombarddi van Kwazulu-Natal afgereken. Die telling van 6-3; 6-4.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button