Local sportSport

Roudiens vir Neels Grobler in Wonderboom

’n Roudiens word op Vrydag 12 Mei om 14:00 by die Lewende Woord Gemeente in Wonderboom gehou vir die ontslape rugby-administrateur, Neels Grobler.

Die bekende rugby-administaratuer van Pretoria, Neels Grobler, wat verlede week oorlede is, sal op Vrydag 12 Mei begrawe word.

’n Roudiens vir Grobler word gehou by die Lewende Woord Gemeente in Wonderboom. Die adres is Lavenderweg 270 (hoek van Lavenderweg en Zambezi rylaan). Die diens sal om 14:00 begin.

Grobler was wyd bekend in rugbykringe in Pretoria. Hy was voorheen betrokke by TuksRugby, waar hy tussen 2001 en 2015 een van die stigters van die universiteit se rugby-akademie was.

Die afgelope twee jaar was Grobler die Hoof Uitvoerende Beampte van die Internasionale Rugby Instituut, wat gesetel is by die Naka Bulle Rugbyklub.

Grobler (48) is sowat ’n week voor sy dood in die Steve Biko hospitaal opgeneem ná komplikasies weens ’n abses in sy lies, wat vererger is deur ’n aggressiewe bakterie. Ná verskeie operasies het sy algehele gesondheid verder versleg. Nierstuipe is daarna gediagnoseer en Grobler is ’n paar dae later oorlede.

Grobler het ’n reuse nalatenskap in Suid-Afrikaanse rugby. Verskeie internasionale- en SuperRugby spelers, wat andersins nie kon deurbreek na die professionele arena nie, is met sy toedoen ’n kans gegee, waarna hulle suksesvolle loopbane gebou het.

Hy word oorleef deur sy vrou, Magda, en vier kinders.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button