Local sportSchool sportSport

Garsies wen Stadsbeker

Garsfontein het Menlopark die afgelope naweek geklop om weer die stadsbeker vir Makro Skole (Afdeling A) in te palm.

Die Hoërskool Garsfontein se eerste rugbyspan het Saterdag wéér die Stadsbeker in die A-afdeling vir Makroskole gewen deur Hoërskool Menlopark behoorlik met 66-21 te klop.

Dit was waarskynlik Garsfontein se beste vertoning tot dusver vanjaar en hulle het daarmee gewys dat hulle besig is om stoom op te bou om hul titel as VirSeker Beker kampioen in die Makro-skole afdeling suksesvol te verdedig.

Die A-afdeling vir Makro skole in Pretoria is vanjaar wel effens bisar, aangesien net drie skole deel is van hierdie liga. Omdat Waterkloof weier om teen Garsfontein te speel en daarmee punte verbeur, is Garsfontein dus die Stadsbeker kampioen na slegs een wedstryd. Hierdie situasie sal hopelik volgende jaar aangespreek word deur die organiseerders van die VirSeker Beker.

Menlopark het Saterdag se wedstryd aanvanklik teen ’n hoë tempo begin en hulle was duidelik gemotiveer om Garsfontein te onttroon. Teen rustyd het die Garsies egter reeds die oorhand begin kry en hulle het met 24-14 voorgeloop.

Na rustyd was dit hoofsaaklik eenrigtingverkeer toe die Bere van Garsfontein hul snelrat gevind het.  Met binesenter Wesley Thompson aan die voorpunt het Garsfontein die drieë ingeryg en hulle het uiteindelik nege keer agter die doellyn gaan kuier.

* Intussen het Waterkloof pakslae gekry in hul vriendskaplike wedstryd teen Helpmekaar van Johannesburg. Heplmekaar het sewe drieë ingeryg in hul oorwinning van 45-8. Hoewel Waterkloof tot dusver vanjaar puik rugby gespeel het, is hulle oorskadu deur die Johannesburgers en hulle kon slegs een keer die doellyn oorsteek.

* Die Wilgers het die afgelope naweek ook weer hul goeie vertonings tot dusver vanjaar voortgesit met ’n puik oorwinning van 37-20 oor Pretoria-Noord. Die Wilgers het vyf drieë gedruk. Hoewel dit ’n oortuigende oorwinning was, moes die Wit Haaie van Die Wilgers hard veg om die manne uit die noorde te troef.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Koos Venter

Koos Venter is an experienced journalist who started his career 35 years ago, before the days of cellphones, modern computer systems, the internet and digital cameras, as a correspondent for Nexus, the former national magazine of the Department of Correctional Services. He has since worked for various other publications in all aspects of news coverage, as a columnist and in the production side of newspapers and online publications. Since 2007 he has specialized as a sports writer, while he is also regularly used as an analyst and commentator by several radio stations.
Back to top button